Logo

Die regte een – Boer Soek ’n Vrou 11

Nuus
06 Desember 2018
Ons het die boere gevra hoekom hulle nog enkellopend is.
BSV-Regte-Een

FOTO: Getty

 

Om die ideale pasmaat op die regte tyd in ’n mens se lewe te ontmoet is nie iets wat altyd maklik gebeur nie.

Boer André vertel ons agter die skerms op sy plaas hy het hom tot die Boer Soek ’n Vrou-proses gewend omdat die tyd en die plek nog nie “reg” was nie. “Jy ontmoet dalk iemand, maar dis net nie vir jou – of vir haar – die regte tyd nie,” sê hy. “Met alles is daar maar ’n doel.”

Boer Cassie erken dadelik: “Ek dink ek is baie fussy.” 

Dié skaam boer sê hy kyk beslis vir potensiaal, maar het tot dusver nie die moed gehad om met vroue geselsies aan te knoop nie. Hy weet waarna hy in ’n maat op soek is, maar meen hy gaan vorentoe eerder sy “gut” volg.

Volgens Boer Duncan tel dit beslis teen jou wanneer jy nie in ’n dorp of stad woon nie. “Al die boere hier rond is getroud.

“Ek ken nie rêrig baie mense in Harrismith nie, so dis moeilik om alleen daar te gaan kuier. Al my vriende is getroud, so hulle het ander verantwoordelikhede. Dis moeilik om hulle dan te vra om saam met jou te gaan kuier.”

Boer Réan is enkellopend omdat sy werk hom baie besig hou en hy in sy vorige verhoudings te jonk was om ernstig te raak. Noudat hy ouer is, sê hy: “Ek weet darem nou meer wat ek wil hê.”

Boer Toanette het ingeskryf, want sy wil nie haar man in ’n kuierplek ontmoet nie. “Dis die kans wat ek gevat het. Ek is baie bly ek het dit gedoen.

“As ek iemand ontmoet, gaan ek nie dadelik in ’n verhouding spring nie.”

Boer Soek ’n Vrou 11 saai Donderdae om 20:00 op kykNET uit.