Logo

Kykers leer ken Leah – Boer Soek ’n Vrou 11

Nuus
19 Oktober 2018
Só het kykers Donderdag op sosiale media gereageer.
BSV-Leah-Social

In Donderdag 18 Oktober se episode van Boer Soek ’n Vrou het Leah die land deurkruis om seisoen 11 se boere op hul plase te ontmoet. Sy het uitgevind waarmee hulle boer, wat hul belangstellings is en waarna hulle in ’n lewensmaat op soek is.

Lees ook: Hoekom moet jy Boer Soek ’n Vrou 11 kyk?

Jy sal ook hiervan hou: Dis lekker op die plaas! Blaai hier deur die foto’s.

’n Paar maande het verloop voor kykers die tien hubare manne (én vrou), wat vroeër vanjaar aan hulle voorgestel is, van nader kon leer ken – en Wilna Rossouw kon nie wag vir dié episode om af te skop nie.

In Februarie het dit bekend geword dat die bekroonde sanger Leah die aanbiederskoene in 2018 gaan volstaan, en kykers het dit geniet om Leah uiteindelik in aksie te sien.

Estea Venter het op Facebook geskryf: “Mal oor die program! Leah is uitstekend!”

Rinette Els was ewe opgewonde: “Dit was so lekker om weer my GUNSTELING-program te kyk. Leah, jy is pragtig!”

Op Twitter het dit ook gegons oor die aanbieder:

Op Instagram het voormalige Boer Soek ’n Vrou-aanbieders Nadia Beukes en Elma Postma hul opgewondenheid gedeel. “Whoop whoop @leahmusieksa,” het Nadia geskryf. Elma het geskryf: “Sien uit om te kyk!”  

Skakel Donderdag 25 Oktober om 20:00 in om uit te vind watter van ons tien boere die meeste briewe ontvang het, en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik.

Deel ook in die Boer Soek ’n Vrou-pret aanlyn – kliek hier vir alles wat jy moet weet!