Logo

Boereliefde – Leah se dagboek

Nuus
18 Oktober 2018
Leah raak liries oor liefde op die plaas.
BSV-11-Boereliefde

FOTO: Getty

Liewe Dagboek,

Sprokiesliefde hou vir ewig, en almal wat na liefde op soek is wil mos glo in iets wat onsterflik is.

Wanneer ek aan ’n plaassprokie dink, is dit anders as die sprokies wat ons in die flieks sien.

Ek dink aan lekker vroeg opstaan om saam ’n koppie koffie te geniet en rustig te sit en kyk hoe die son opkom. (Een van hulle kan darem elke nou en dan in die bed bly en bietjie later as douvoordag opstaan – slaap is belangriker as ’n sprokie vir my!).

Ek dink aan boer en boervrou wat saam skape skeer en op ’n perd wegry in die pragtige sonsondergang. Wag – dís mos iets wat ’n mens in flieks sien!

Ek dink aan ’n gelukkige, plat-op-die-aarde bestaan op die plaas.

Wat beteken boereliefde? Dit beteken man en vrou verstaan mekaar báie goed, hulle ondersteun mekaar deur die goed en die sleg, en geniet dit om saam dinge op die plaas aan te pak.

Wanneer ek dink aan liefde wat op ’n plaas blom, dink ek natuurlik ook aan ’n smullekker-braaitjoppie – met lekker spice op, en bietjie biltong . . . en droëwors . . . Okei, ek gaan nou stop!

– Leah

Ware liefde laat my dink aan... (video verfilm vroeër vanjaar):

Kan jy aan iets beter as ’n middagete saam met Leah en vier van jou vriende dink? Wees deel van ons kykerskeuse-ervaring!

Gesels saam op sosiale media by #BoerSoeknVrou, en skakel elke Donderdag om 20:00 in om uit te vind hoe ons boere vaar in hul soeke na liefde.