Logo
GMR Slim BB
web uni tv guide

Getroud Met Rugby

144Drama13 V

Die winter wind bring hope vermaak na die kassie

Nuus
02 Junie 2020
Lees hier wat Junie inhou vir jou gunsteling sepie!
GMR s04 ep246 00047

Getroud Met Rugby

Deur Bart se invloed word Fafa as die Stryders se nuwe hoofafrigter aangekondig. Schalk begin sy toekoms heroorweeg en ondersoek ‘n paar opsies buite die Stryders. Fafa kan skaars byhou met sal sy verpligtinge as hoofafrigter. Maryke is bekommerd oor haar man se stres vlakke.

Dit wil voorkom of Anna en Chrissie die strydbyl oor Wynand begrawe het. Hulle vriendskap is belangriker as ‘n man se aandag. Candice en Anna besluit op ‘n naam vir hulle maatskappy. Hulle maak planne om die eerste projek te kan loods.  

Mia en Ilse veg hard vir Bart se aandag. Maar Ilse dryf byna vir Mia tot breekpunt. Bart moet ‘n keuse maak tussen Mia en Ilse. Kristien is terug van Australië af en almal is verras om haar te sien. Beide Mia en Ilse voel erg bedreig deur Kristien se teenwoordigheid.

Renate is baie omgekrap omdat Simon so gou ander vroue begin sien. Lulu en Simon leer mekaar beter ken en geniet dit om tyd saam deur te bring. Renate besluit om self voelers uit te steek en kry vir Wynand in haar visier. Renate gaan uit haar pad om Wynand se aandag te kry, haar pogings blyk suksesvol te wees...

Julia teken die egskeidingsdokumente en sy moet ook vir Johan groet. Johan is baie hartseer oor Blitz en Julia se egskeiding. Julia beskuldig vir Lienkie daarvan dat sy nog al die tyd haar visier op Blitz gehad het. Blitz se hart is seer oor die egskeiding. Hy sukkel om weer sy kop op te tel. Die pompoms is opgewonde omdat Blitz nou weer enkellopend is en doen moeite dat hy hulle moet raaksien.

Julia word verras deur ‘n onverwagse gas uit haar verlede. 

Die Raad is ontsteld om te hoor dat Ryno in Frankryk gaan rugby speel. Ryno moet homself by ‘n perskonferensie verdedig, wanneer gerugte uitkom dat hy oorweeg om vir ‘n Franse klub te gaan speel. Thinus kan nie insien waarom Ryno nie sy opsies wil oophou nie.

Koekie en Festus herdenk hulle eerste ontmoeting, op ‘n baie spesiale manier!

GMR s04 ep222 00073
GMR s04 ep239 00059
GMR s04 ep240 00015
GMR s04 ep240 0003
GMR s04 ep232 56
GMR s04 ep239 00033
GMR s04 ep238 00976
GMR s04 ep246 00047
GMR s04 ep242 00018
GMR s04 ep243 00048
GMR s04 ep241 00017
GMR s04 ep224 00220
GMR s04 ep226 2020 04 23 17h39m11s049
GMR s04 ep225 00248
GMR s04 ep224 00202
GMR s04 ep222 00081
GMR s04 ep230 00500
GMR s04 ep230 00510
GMR s04 ep228 00375
GMR s04 ep226 2020 04 23 17h40m13s621
Gallery
GMR s04 ep222 00073

Suidooster

Lee-Ann is moedeloos oor Ty wat teen 'n operasie skop en sy stel 'n ultimatum. Ty hoor dat hy gaan voorbereiding moet begin maak oor wat ná sy afsterwe gaan gebeur en dit ruk hom. Hy maak 'n plan oor sy toestand, maar dit is nie wat almal verwag nie: hy ontmoet 'n dokter wat alternatiewe behandeling aanbied en begin al beter te voel. Maar daar is iets omtrent hierdie dokter wat nie lekker by Siya of Lee-Ann sit nie. Is Ty werklik op die herstelpad soos die nuwe dokter hom wil laat glo? Of word Ty lelik ingedoen?  

Joy Benjamin, 'n ou Johannesburgse vriendin van Nazeem, daag op en sy het planne om 'n skoon begin in die Kaap te maak. Maar sy is 'n rowwe diamant wat duidelik sukkel om die korporatiewe wêreld te betree en Mymoena neem haar vinnig onder haar vlerk. Wanneer sy vir Nazeem van haar besigheidsidee vertel, kry hy hond se gedagtes en probeer haar terugdwing na die lewe wat sy juis probeer agterlaat. Joy en Wade raak ook vinnig bevriend en sy probeer hom wysmaak wat Zoe betref – sy dink hy is besig om lugkastele te bou oor iemand wat dit nie werd is nie. Vrae oor die aard van Joy en Nazeem se verhouding duik op, maar hy maak dit duidelik dat hulle net vriende is. Wanneer hy besef Joy kry gevoelens vir Wade, skemer sy ware gevoelens deur en dis nie 'n baie mooi kant van Nazeem nie… 

AB sukkel sonder Michelle in die apteek. Mymoena probeer haar man bystaan, maar sy gee vir AB net 'n kopseer. Wanneer dinge kookpunt bereik, besluit AB en Mymoena dat dit dalk beter is dat hulle nie saam werk nie en AB begin soek na iemand wat vir Michelle kan vervang. Sy standaarde is egter te hoog, veral as die gepaste kandidaat 'n klein foutjie begaan en AB ontevrede laat. Maar die fout lê eintlik by AB… Gaan AB sy trots in sy sak steek en die betroubare, sjarmante Imraan Bassier aanstel? En gaan Kaashifa kan sterk staan teen hierdie man se sjarme?  

Kate se storie oor Henry Jacobs se buite-egtelike verhouding is per ongeluk gestuur en die uitgewer is mal daaroor, maar sy besef watter implikasies dit vir Mrs. J en haar gesin kan inhou. Sy besluit om ten spyte van haar voorgevoel haar droom na te jaag. Dit dryf natuurlik 'n wig tussen haar en Mrs. J, maar wanneer Mrs. J die moed bymekaarskraap om haar en Henry se storie te lees, dwing dit haar uiteindelik tot inkeer. Die vriendinne versoen. 

Quinton kom kuier vir die vakansie en Kate moet bontstaan oor die bondel energie. Dan gee sy leisels oor wat die vakansie betref en dit lyk asof Kate nie die paar weke saam met haar kleinseun gaan oorleef nie … 

DR FREEMAN (2)
JOY (3)
KATE & MRS J (2)
Gallery
DR FREEMAN (2)

Binnelanders

Lojaliteit word in Junie onder die mikroskoop geplaas in Binnelanders.

Nie net word Annelize se lojaliteit getoets wanneer 'n ou bekende weer in haar lewe beland nie - maar sy sal nog meer harteloos as voorheen moet wees om te verseker dat sy nie haar plek in die binnekring verloor nie. Maar hoe maak 'n mens die deur toe op iemand wat nog altyd net goed was vir jou? En waar begin vriendskap en eindig liefde? Iewers moet daar seker 'n lyn wees wat 'n mens nie kan oorskry nie. Vra maar vir Ingrid Jonker, want dit wat vir haar voorlê is dalk een van die grootste sake van haar lewe ...

Tertius gaan ook worstel met verlange en lojaliteit - en agterkom dat dit nie altyd 'n tweerigtingstraat is nie. Want hoe lank moet 'n mens jouself afsloof voor jy ook aandag begin gee aan jou persoonlike prioriteite - veral wanneer daar verwag word dat die een saak altyd meer gewigtig as die ander moet wees?

Danny en Chanel moet ook weer hul lojaliteite aan mekaar ondersoek. Chanel het hoopvolle verwagtings van die toekoms, maar wat as Danny nie dieselfde as sy voel nie? Of is hulle op dieselfde bladsy, maar net in twee verskillende boeke? Gelukkig is daar genoeg tyd vir hulle om openlik en eerlik met mekaar te praat wanneer hulle vir 'n rukkie weg gaan - maar wat as daardie wegbreek dalk die laaste keer is?

Maya se lojaliteit lê by Binneland Kliniek op hierdie stadium, maar wanneer daar 'n interessante mediese saak oor haar pad kom wat haar laat kopkrap, is sy nie die enigste een wat begin wonder wat gaan vir wat nie. Hlabi, wat op hierdie stadium lojaal is teenoor Southern Hope, vra homself dieselfde vrae af... maar soos ons almal weet, twee koppe dink soms beter as een. Sou die twee hospitale vir 'n oomblik 'n vredesvlaggie oorweeg indien dit sou help om die saak op hande op te los?

René se hart sê een ding, maar haar brein sê 'n ander ding - en sy is nie heeltemal seker aan watter een sy meer lojaal moet bly nie. Want sien, dalk is sy nie wie almal dink sy is nie. Wanneer sy in Ongevalle beland, stem haar lêer nie ooreen met dit wat sy weet die waarheid is nie - en dit is hier waar die slang in die langgras begin kop uitsteek. 

Maak seker jy bly lojaal aan Binnelanders in Junie, want jy gaan vroeg in Julie reeds hare op jou tande moet hê vir die ysige wind wat deur die gange van Binneland Kliniek gaan waai ...

Onthou ook dat die nuwe seisoen van Binnelanders op 8 Junie begin. Kykers word aangeraai om hul PVR's van vooraf in te stel om nie een enkele episode mis te loop in die 15de jaar van die daaglikse drama op die kassie nie.

B10 ep18 3
B10 ep30 5
B10 ep21 2
B10 ep18 6
Gallery
B10 ep18 3

Sit terug met 'n koppie koffie onder die winterkombers – en onthou ook om saam te gesels op Facebook, Twitter en Instagram.