Logo

Duncan en Kelly – Boer Soek ’n Vrou 11

Nuus
20 Desember 2018
’n Glasie op die toekoms!
BSV-Duncan-Kelly

Duncan en Kelly is alleen op die plaas ná Louise afskeid geneem het. FOTO: Vanuit ’n episode van Boer Soek ’n Vrou 11

 

Ná ’n onverwagse wending op Boer Duncan se plaas, lyk die pad vorentoe rooskleurig. Die blom in dié Vrystaatse boer se lewe is Kelly, die vrou wat met haar brief en video ’n blywende indruk by Duncan gelaat het.

Herleef die oomblik wat Louise haar hart oopgemaak het hier.

“Ek was heeltemal verlore,” het Kelly, wat voor Louise weggegaan het nie geweet hoe die boer oor haar voel nie, vir Leah gesê. Louise het nie ’n sterk genoeg konneksie met Duncan gevoel nie en besluit om te groet, wat Kelly vir ’n oomblik laat wonder het of sy ooit van dag een af die boer se nommereen was.

Noudat hulle alleen is, kan Kelly weer glimlag: Sy was nog heeltyd die vrou wat die meeste vir Duncan uitgestaan het.

“Ek hoef nie meer terug te hou nie. Ek kan vir Duncan ’n drukkie gee wanneer ek so voel.”

Lees hier wat dink Leah van die boere se finale keuses!

Volgens Duncan het hy en Kelly reeds oor ’n moontlike langtermynverhouding gesels en is hulle albei gereed om ’n kans op die liefde te waag. Hy het gesê hy sien uit daarna dat dinge van nou af teen ’n rustiger en meer natuurlike pas kan gebeur.

“Ek is baie opgewonde daaroor en ek dink sy is ook.”

Gaan Duncan met Kelly se naastes oor die weg kom? Skakel Donderdag om 20:00 op DStv-kanaal 144 in om uit te vind!