Logo

Boer Soek ’n Vrou: Destyds Donderdag

Nuus
16 November 2017
Onthou julle nog dié skreeusnaakse oomblik uit seisoen 9?
BSV Kissy Kissy

Dis Donderdag, die dag waarop ’n nuwe episode van Boer Soek ’n Vrou op kykNET uitgesaai word en ook die dag waarop sosiale media-gebruikers wêreldwyd nostalgies raak en ou herinneringe op Facebook, Twitter en Instagram deel.

In die gees van #DestydsDonderdag, oftewel #ThrowbackThursday, dink ons terug aan verlede jaar se blitsafsprake.

Die dag waarop dié episode verfilm word is uiteraard ’n senutergende besigheid en vir seisoen 9 se boere was dit beslis nie anders nie. “My senuwees is klaar, hoor!” het #BoerArno laat hoor.

Minki Joubert, wat in 2016 die eerste keer haar Boer Soek ’n Vrou-aanbiederskoene aangetrek het, het die boere sommer gou gemaklik laat voel. Daar is egter min tyd vir groet en gesels wanneer die boere belangrike keuses oor hul toekoms moet maak, so toe Minki vir die boere ’n soentjie blaas (eerder as om elkeen te drukgroet), het ons lekker gelag vir Arno se reaksie.

Herleef die oomblik weer hier onder (ons het sommer ook vanjaar se tien boere gevra om vir Arno te wys hoe dit éíntlik gedoen word!):

LEES OOK: Vrousoek is ’n ernstige storie, maar daar was ook heelwat oomblikke op die kassie wat ons tydens seisoen 9 van Boer Soek ’n Vrou laat skaterlag het.

Moenie vandeesweek se blitsafsprake misloop nie! Volg ons op Facebook, Twitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoer en #BoerSoeknVrou.