Logo

Boer Soek ’n Vrou: Oomblikke wat ons laat lag het

Nuus
12 Januarie 2017
Vrousoek is ’n ernstige storie, maar daar was ook heelwat oomblikke op die kassie wat ons tydens seisoen 9 van Boer Soek ’n Vrou laat skaterlag het.
BSV 9 Ep11 Minki Lag

Vrousoek is ’n ernstige storie, maar daar was ook heelwat oomblikke op die kassie wat ons tydens seisoen 9 van Boer Soek ’n Vrou laat skaterlag het. Hier is ons tien gunstelinge:

1

Hennie kán sokkie! In episode 6 het dié boer en die drie vroue wat by hom gekuier het die dansbaan vir ’n stofpad in Willowmore verruil en Hennie het die dames met sy energieke danspassies verras.

2

“Liefde is soos ’n poep. Jy force hom nie!” (Hennie het Chantelle se verhoudingsraad in episode 12 met Minki gedeel).

3

Hennie en sy “katte”. In episode 8 het Hennie na sy dames geroep by die familiebraai: “Ek soek net my katte!”

Chantelle het teruggekap: “Moenie op my skree nie!” Hennie het gespot: “Jy moet dit gewoond raak!”

4

“Op dié stadium is dit nog ’n droom om drie in die huis te hê,” het Arno gesê in episode 6. “Die droom sou dalk lekkerder gewees het as hulle ’n bietjie rondgeloop het in die nag ook!”

5

In episode 12, tydens die vakansieweek, het Jacobu en Arno met mekaar via Skype gesels. “Wat het jy aan?” wou die boer weet. “Jy kan nie sulke goed vra nie! Ek het jou amper gewys!” het Jacobu gelag.

LEES OOK: Oomblikke wat ons geskok het

6

By die skoonfamiliekuier in episode 11, wanneer Chantelle se pa iets wil sê, sê die boer: “Ja, pappie?”.

7

In episode 2 het Minki posduif gespeel. “Ek sal met graagte jou help dragtigheid voel,” het een van Leon-Fritz se briewe gelees. Dié geskenk het ’n paar heldergroen handskoene ingesluit. “Wat doen ’n mens met dít?” wou Minki by die boer weet.



8

“Amper lees ek ‘pornografie’. Wat’s daai?” het Johan vir Minki in episode 2 gevra, wat die aanbieder laat skater het. Die briefskrywer het eintlik ‘pyrografie’ geskryf.

9

In episode 11 het Maureen se broer, Helmi, vir Rob probeer gas gee, maar Rob het geensins teruggestaan nie. “Dis ’n teken – nou kan ons kyk hoe werk Rob met kinders!” het Helmi gesê toe ’n lid van die kleinspan by Rob gaan staan het. “Gewoonlik is ek nice met hulle, maar ek sien jy skop jou kind sommer!” het Rob teruggesê.

10

“Jis, ek het nou net die grootste voetfout in menseheugenis gemaak!” het Leon-Fritz in episode 4 gesê toe hy Chanté se naam verkeerd uitgespreek het.



Besoek ons webblad vir nóg uitstaan-oomblikke en eksklusiewe inhoud.