Logo

‘These boots are made for walking’

Nuus
28 Desember 2017
Is jy mal oor die handgemaakte leerstewels wat Jacques vir sy dames gegee het? Kry jou eie paar só.

In episode nege van Boer Soek ’n Vrou  het die boere die drie dames wat hulle na hul plase toe genooi het ingewag met 'n klomp verrassings. Boer Jacques het vir Danél, Melandri en Corné plaas toe genooi, en het vir elke dame ’n paar snoesige leerstewels aangeskaf.

LEES OOK: PRET SONDER BRIEKE

Boer Jacques vertel: “Ek en my ma het op die stewels besluit want ons wou hê die meisies moes dit weer kan gebruik. Dis mooi stewels wat baie gemaklik en warm is.”

Volgens hom is dié pragtige stewels gepas vir die koue Loeriesfontein, omdat dit bestaan uit leer aan die buitekant, en wol aan die binnekant. “Ons het geweet die meisies gaan nie die regte skoene pak vir die koue nie, en daarom het ons gevoel die stewels is gepas.”

Wat dié stewels ook uniek maak, is dat dit handgemaak is. “As ’n meisie se skoene netjies en stylvol is, dan weet ek sy’s ook netjies en stylvol,” sê Boer Jacques.

Wil jy ook só ’n paar stewels aanskaf? Besoek gerus dan die Freestyle-webblad hier.

Kyk die video hier onder:

Ons het ook onlangs by Boer Jacques se suster, Herine, ingeloer – kliek hier

Skakel in vir die tiende seisoen van Boer Soek ’n Vrou, Donderdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Volg olg ons op FacebookTwitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoer en #BoerSoeknVrou