Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13
Jacques

Jacques

“Vertroue en openlikheid – albei partye moet van die begin af eerlik wees en openlik oor hul gevoelens. Moenie voorgee of ’n ding aanplak nie.”

Klik op ‘LEES MEER’ indien jy belangstel in Jacques.

 

 

OUDERDOM: 27
KINDERS: Geen
KWALIFIKASIE: Diploma Landboubestuur
BOERDERY: Skape én vervoerbesigheid
AREA: Loeriesfontein, Noord-Kaap
HUISTAAL: Afrikaans
HUWELIKSTATUS: Ongetroud
LENGTE: 1.78 m
BOER/BESTUURDER: Boer

OPSOEK NA:
Godsdiens  – sy moet sterk wees in die Christelike geloof. ’n Dame wat onafhanklik is – onafhanklik genoeg om haarself besig te hou op die plaas, maar wat my sal sien en vertrou as hoof van die huis – iemand wat haar dra, ondersteun en beskerm. Sy moet netjies wees – op haarself en haar omgewing. Sy moet goed versorg wees. Avontuurlustig – sy moet hou van die buitelug en om aktiwiteite saam met my te doen. Sy moenie die lewe té ernstig opneem nie, sy moet ’n grappie kan maak en saam met my lag. Humor is belangrik

Sy moenie geneig wees om te veroordeel nie – sy moet elke mens en situasie regverdig kan hanteer

LEWENSSKETS EN BELANGSTELLINGS:
Ons (pa en seun) boer met skape op ’n plaas naby Loeriesfontein in die Boesmanland. Ons het ook ’n vervoerbesigheid – daarom help ek gereeld uit as ons ’n drywer kort. Ek is baie op die langpad en sodoende het ek al die afgelope jare die hele land leer ken. Ek is ‘n eenvoudige mens – loop breëbors van trots, want ons Hemelse Vader voorsien altyd. Ek gaan slaap in die aand met ’n nederige hart van dankbaarheid. Netheid is vir my baie belangrik. Ek hou van ’n netjiese omgewing. Ek probeer altyd netjies wees op myself, my voertuie en huis. Ek hou daarvan om in die natuur te wees. ’n Kantoor en die stad sal my vasdruk. Net so lief soos ek vir die plaas is, net só ’n mense-mens is ek. Ek is altyd in vir ’n braai en ’n lekker kuier. Ek klim maklik in my bakkie en ry die land plat agter vriende en geleenthede aan vir ’n naweek – en geniet elke oomblik daarvan. Ek is nie iemand wat ander mense oordeel nie – elke ou se saak is sy eie.  Ek vat jou soos jy is.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:
Vertroue en openlikheid – albei partye moet van die begin af eerlik wees en openlik oor hul gevoelens. Moenie voorgee of ’n ding aanplak nie.

As twee mense kliek, dan kan ’n  verhouding werk. As jul nie kliek nie, dan kan ’n verhouding nie werk nie. Dit beteken nie daar is fout met een van die twee nie. Elke pot het mos sy deksel – en ek is nou opsoek na my dekseltjie.

BESTE EIENSKAPPE:
Avontuurlustig – altyd ’n bok vir sports. Ek hou van ’n uitdaging. Ek pak die bul ten volle by die horings aan.

Standvastig – ek  weet waar ek staan. Ek weet waarna ek op pad is. Met die Here as my rots, is my fondasie sterk genoeg dat ek met geen twyfel gaan slaap nie.

Netheid – ek  hou van ’n netjiese omgewing. Ek is netjies op myself – ek ag dit as ‘n belangrike eienskap (wat ‘n groot prestasie is vir die alledaagse man. haha). Ek oordeel niemand nie – solank my saak reg is met die Groot Man daar bo, is ek gelukkig.

SLEGSTE EIENSKAPPE:
My beste eienskappe kan ook my swakste eienskappe wees.

Goedhartigheid – ek probeer altyd iemand help, maar my goedhartigheid word maklik deur mense misbruik (gryp die hele hand as die pinkie aangebied word)

Omdat ek ’n man van eenvoud is, gaan ek dalk nie so vinnig agterkom watter klein dingetjies belangrik is vir ’n ander party nie. Vertroue – ek vertrou moeilik, maar as jy eers my vertroue gewen het, staan ek rotsvas agter jou.

IS DIÉ BOER ROMANTIES EN DIE IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK:
Nee, ek sal myself nie as romanties beskou nie. My idee van romanse is nie noodwendig ’n vrou se idee van romanse nie. My manier om waardering te wys sal wees om te sorg dat ek daardie spesiale bottel wyn waarvan sy hou vir haar te kry as ons by mense gaan braai, of as ons op die plaas rondry en ek sien ’n verlore veldblommetjie, te stop en dit vir haar te pluk. Of net ’n koelhouer pak en bo-op ’n koppie te stop en ’n sundownertjie te geniet en te kyk hoe die son ondergaan. My idee van romanse is om goed saam te doen. Tyd saam te spandeer. As sy hou van dans, dan trek ek graag my dansskoene aan, en neem haar bietjie uit. As sy hou van ’n wandeling langs die see, doen ek dit graag saam met  haar. Om mekaar te waardeer in die alledaagse dinge is die dinge wat ek koester.

HET JACQUES JOU HARTSNARE GEROER? SKRYF DAN VIR HOM ’N BRIEF!

 

Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere
Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere

Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere

1 van 10