Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 14: Die manie om Manie - Kwarantyn

Nuus
23 Junie 2020
Hoe verduidelik ons Manie Le Roux? Hy is jonk, vol lewe en moes ook gedurende sy deelname aan 'n realiteitstelevisie-program 'n blindedermoperasie oorleef. Dis alles baie eensoortig.
EbLpmnaXkAAmPbH

Manie Le Roux se pyne het op Dag-12 begin, toe hy ‘n dokter moes sien om seker te maak dat sy welstand 100% is. Maar tussen Sondag en Dinsdag is hy 'n orgaan minder, en almal wens hom net die beste toe.

Soos Sondag uitgespeel het, was dit toe uiteindelik Manie se blindederm wat die Le Roux-huis omvêr gegooi het. Manie se blindederm moes uit.

LEES: Dag 13: Manie, die dapper muis – Kwarantyn​

Getroue kykers het vroeg bespiegel dat dit die jongste Le Roux se blindederm is wat dalk die fout is, en soos dit afgespeel het was dit die jong man se dermpie wat uiteindelik beteken het dat hy #Kwarantyn moet verlaat.

Sy neef Heinrich was vandag ook baie besorg oor hom, en het aan almal vertel hoe baie hy Manie mis.

“Dis maar nie lekker sonder hom hier nie,” het Heinrich verduidelik.

“Maar ons kap maar aan, wat kan ons maak?” vertel hy in 'n teer oomblik.

“Met Braam wat gisteraand nie geslaap het nie, en Jana wat amper in trane uitgebars het met ete vanoggend, dis maar rof,” verduidelik hy.

Maar die hele span noem deurgaans dat hulle die jongste lid van #SpanLeRoux mis. Veral Braam kan nie uitgepraat raak oor sy dankbaarheid in dié obskure tyd in die gesin se lewe nie, wat alles voor die kameras afgespeel het.

Selfs die Scheepers is besorg oor Manie se welstand, en het ook seker gemaak hulle bied ondersteuning van die begin van die jong man se bleek-gesig af.

Maar moenie dink Manie is noodwendig “out for the count” nie. Die man het bewys hy het 'n reuse ruggraat as dit kom by deursettingsvermoë, na hy uit sy hospitaalbed sy gesin gegroet het. Sy hospitaal-avonture lyk amper pret!

Sy operasie was 'n sukses, en hy is dalk binnekort terug by sy familie. Sover druk die Le Roux’s deur, en hoop om binnekort Manie-muis te sien. Soos hy voordag genoem het, hy kan kalm bly in enige situasie.

WAT JY NIE WEET VAN MANIE NIE

Wat is jou gunsteling gereg?

Bloukaas-steak!

Kan jy kos maak en wat is die beste gereg wat jy kan maak?

Ja (ek kan kos maak), en braaivleis (is my beste gereg)

Wat eet jy nie?

Vis (tog eet die man darm garnale) - en wil met roomys trou...

Wat braai jy die beste?

Skaap-tjops

Wat is jou gunsteling drankies?

Coke, en dan brandewyn

Wie is jou gunsteling vermaaklikheidster?

Robbie Wessels en ‘Aan jou van my’ is my gunsteling liedjie.

Wat is jou gunsteling sport, en sport span?

Dis Rugby en die Springbokke

Wat is jou gunsteling sport om te beoefen?

Taffeltennis, Rugby en Krieket

Wat is jou supermag?

Gee nie maklik op nie.

Wat kan jy doen wat niemand anders kan doen nie?

Kalm bly in moelike situasies

Waarvoor is jy bang?

Spoed in 'n kar wanneer ek nie in beheer is nie.

Het jy enige fobie?

Spinnekoppe

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter deur die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanScheepers en #SpanLeRoux te gebruik.

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 sowel as kykNET&kie, kanaal 145 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00.