Logo

‘Geld of geleentheid?’ – Maak My Famous

Nuus
16 Mei 2019
Ons deelnemers moes dié week elkeen ’n moeilike keuse maak.
Maak my famous ep 5

FOTO: Light Lounge Studio

Die week het die eerste tien deelnemers meegeding vir ’n plek in Maak my famous se top-10. In die volgende aflewering is dit die volgende groep van tien se beurt, waarvan vyf die oorblywende plekke in die top-10 sal volmaak.

Ons kyk terug op die vyf deelnemers se vertonings wat 'n plek in die top-10 gewaarborg is.

KYK: HOE DIE TOP-10 GEKIES WORD

In die kategorie ‘Vroulike sang’  het Megan Danner se weergawe van Celine Dion se “I’m Your Lady” vir Emo “speechless” gelaat. Indien jy dit misgeloop het, kyk weer hier daarna

Ons kon net nie Emo se reaksie vir onsself hou nie:



In die kategorie ‘Manlike sang’ het Cheswyn Ruiters die gehoor se aandag onmiddellik getrek met Sam Smith se liedjie, “Stay With Me”. Dié vertoning het vir hom ’n plek in die top-10 gewaarborg. Kyk weer daarna hier

Blaai deur foto's hier onder:

Gallery


In die spesialiteit-kategorie het The Unknown se danspassies die gehoor só beïndruk dat hulle reguit na die top-10 gestuur was. Kyk weer hier daarna

LEES OOK: EMO DEEL 41 WYSHEDE

In die rymklets-kategorie was Abdun-Noor Francke aka A.C. Noedy die gehoor se gunsteling, en het hy dus deurgedring na die top-10. Kyk weer hier na sy vertoning vir die aand

En net toe almal dink die aand is op sy rug, was dit tyd om die gesogde Emo-ticket weg te gee: Voordat Emo aankondig wie 'n tweede kans in die Maak My Famous-kompetisie sou kry, het hy eers die vyf finaliste wat reeds deurgedring het die keuse gegee om óf geld of die geleentheid wat hy vir hulle aanbied te neem. Indien een van die deelnemers die geld sou aanvaar, sou hulle reis onmiddellik tot 'n einde kom, maar een van die deelnemers wat nie deurgedring het na die top-10 nie, sou dan hul plek neem.

Megan is R5 000 aangebied. Sy het dit egter van die hand gewys en eerder die geleentheid aanvaar.

Dieselfde geld vir Cheswyn: Hy het óók Emo se R5 000-aanbod van die hand gewys, self al het hy sy studies gestaak om deel te neem aan Maak my Famous. Hy is hierna R8 000 aangebied en was nogsteeds vasbeslote om die geleentheid te aanvaar. 

A.C. Noedy, wat volgens Emo in armoede leef, was R10 000 aangebied. Hy het dadelik gesê: "Geleentheid." Hy was hierna R15 000 aangebied, en het sonder skroom die geleentheid gekies. 

The Unknown, wat bestaan uit vier lede, was elk eers R5 000 aangebied, en toe daarna R10 000, wat dus 'n gesamentlike R40 000 sou vorm. "For us money can’t buy passion, so we’re taking ‘geleentheid," was die terugvoer van dié groep. 

LEES WEER: ONTMOET MAAK MY FAMOUS SE TOP-48

Toe breek die tyd aan om die Emo-ticket weg te gee. En dit was SA Ensemble wat dié week daarmee wegstap. Herleef hulle vertoning weer hier

Volgende week vind ons uit wie die laaste vyf deelnemers is wat deurdring tot die top-10. Hier is 'n voorsmakie.

Maak geraas op sosiale media deur dié nuus met jou vriende te deel. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #MaakMyFamous en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in op DStv-kanaal 144 en 21:00 op DStv-kanaal 145.