Logo

Emo deel 41 wyshede

Nuus
16 April 2019
Lees meer.
Emo Adams_Maak my Famous

FOTO: Light Lounge Studio
 

Emo Adams is die verkleurmannetjie van ons tyd. Hy was op sy dag deel van ’n boyband, hy het oud en jonk op die punte van hulle stoel gehad met sy musiekprogram Jou Show én sy splinternuwe program Maak my Famous is reeds op almal se lippe. Boonop is hy dolgelukkig getroud en pa van vier. Een ding is seker, Emo leef in die spreekwoordelike fast lane en as jy gedink het hy gaan rustig raak met dié dat hy onlangs 41 geword het, moet jy jou kop laat lees. Hier is 41 wyshede wat Emo deur die jare geleer het. 

1. Jou creator is alles.

2. Jou familie is alles.



3. Jou kinders is alles.

4. Sit 100% in jou werk.

5. Sit 100% in jou familie.

6. Despite what happens never compromise who you are.

7. Don’t conform to the industry. Let the industry conform to you.

8. Never compromise your vision. Maak seker jy glo 150% in wat jou visie is.

9. Wel, 9 is ’n goeie nommer, want dis my verjaarsdag. Die 9de April. En dit was 9 dae voor Maak my Famous

10. Moenie dat faam na jou kop toe slaan nie. Very dangerous.

11. Be consistent.

12. Be humble.

13. Be faithful to your family and your friends.

14. Paisley sal dit nooit weer terugmaak nie.

15. You don't need a reason to spoil your wife.

16. As jou vrou vir jou sê dra dit, dit sal jou goed laat lyk, trust haar.

17. Maak seker jou DStv is aan vir Maak my Famous.

18. Kyk Donderdagaande om 20:00 (Maak my Famous). Rou talent, nuwe talent, emosioneel.

19. Talentkompetisie that is refreshing and something different.

20. Moenie tweedehandse karre koop nie, that is one thing that I learned very early in my life.

21. Learn how to work with money.

22. Daar is geen haas na fame nie. Everyone wants to be famous, nobody wants to work to get famous.

23. Live in the moment. Baie belangrik, lewe in die moment.

24. Hoe ouer jy word, beteken dit net een ding: Jy kan nie alles vreet wat jy wil vreet nie. It’s a fact.

25. Kyk agter jouself, lewe gesond.

26. Hê die dissipline wat gaan met jou kuns.

27. When you sing in traffic remember people can see you.

28. Agt-en-twintig is ’n gang, maar ons gaan nie daai nou mention nie, dis ’n bietjie hectic. 

29. Where you come from doesn’t predict where you go to.

30. Gebruik dieselfde hair dresser.

31. Baie mense sê dat voorkoms tel nie, hulle lieg.

32. Baie mense sê hulle kinders is die beste in die wêreld, hulle lieg.

33. Wou ek my kinders op Gumtree gesit het? Natuurlik, wie wou nie?

34. Is ek happy met waar ek is met my lewe? 150%, ek kan school runs in die oggende doen met my laaities, ek en my vrou drink ’n red cappuccino onmiddellik ná dit elke oggend. Ons chat ’n bietjie, ons dag begin, ons werk hard.

35. Respect your parents. Always and forever. Whether they’re right, whether they’re wrong. Dis nie relevant nie.

36. Dis moeilik, maar lewe opreg.

37. Die awards wat jy gister gewen het, beteken niks nie. Die awards wat jy voor strewe beteken alles.

38. In order to do good, surround yourself with good people.

39. Op die einde van die dag werk jy soos ’n eiland en jy moet doen what’s best for your interest en your interests only.

40. Protect your brand met alles wat jy het.

41. When you realise you are awesome then you are in a state of awesome. Meaning, dit maak nie saak wat mense dan sê nie, wat jy in jouself glo is meer belangrik as wat ander mense in jou glo.

KYK: IS JY GEREED? 

Deel dié wyshede met jou vriende op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #MaakMyFamous en maak seker jy is voor die TV op 18 April om 20:00 op DStv-kanaal 144.