Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Rondte 1: En die uitslae is … – Kwarantyn

Nuus
17 Junie 2020
Die eerste rondte is verby, en hier is hoe die punteleer lyk.
Die resultate is in

Tydens die 50-dae in die Kwarantyn-huis, word die punte wat deur die families verower word saamgetel, en dit vorm 40% van die finale punteleer. Die oorblywende 60% bestaan uit kykerstemme.

Die eerste rondte is verby, en hier is hoe die uitslae vir elke familie lyk:

Kykerstemme:

Kykers kry weekliks die geleentheid om vir hulle gunsteling-familielid te stem – alle individuele stemme vorm ’n gesamentlike telling vir elke familie.

Volgens ons kykers is die twee gewildste familielede in die Le Roux-huis Heinrich en Manie. Welgedaan, manne.

Volgens ons kykers is die top-2 familielede in die Scheepers-huis Austin en Caryn. Baie geluk, julle.

LEES OOK: HIER IS HOE JY KAN STEM

Familie-mikpunte:

Instagram-mikpunte:

Tydens die eerste week moes elke familie ’n gesamentlike 7 000 volgers op hulle Instagram-profiele kry. Na afloop van die eerste rondte het beide families hulle eerste mikpunte bereik: Die Le Roux-familie het ’n gesamentlike 26 736 volgers op Instagram, en die Scheepers 16 305 volgers. En die beloning hiervoor? Beide families sal vanaf dag nege toegang verkry tot hulle skottelgoedwasser.

Vir die volgende rondte skuif die kollig egter van die families na die troeteldiere: In die volgende week is die nuwe mikpunt om Vlooi en Max se Instagram-volgers te groei met 5 000 per hond.

Familie-oefenure:

Die families het elk ’n mikpunt van 90 ure se oefening om die week te bereik: As beloning word die kroeg oopgesluit in die Le Roux-huis, en die swembad in die Scheeper-huis.

Tydens die eerste week, het die Le Roux-familie 37-oefenure bereik, en die die Scheepers-familie 38. Daar is ongelukkig nog heelwat ure om op te maak om die 90 uur-mylpaal te bereik.


Uitdagings: 

Elke dag kry die families drie uitdagings: ’n Groepstaak, koskenades en ’n speletjie. Vir elke uitdaging word elke familie beloon met punte. Die familie met die meeste punte in elke rondte sal beloon word met ’n R10 000-Takealot-koopbewys.

Na die afloop van die eerste week, het die Le Roux’s 10 000 punte verower, en die Scheepers-familie ook! Dus deel ons twee families hierdie week die Takealot-koopbewys.

Rondte twee is nóú oop. Maak seker jy stem. Om te stem, kliek hier.

Kyk ook die video hier onder. 

Wat het jy gedink van die eerste week? Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.