Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 9: Daar kap hy (of is dit vat hy?) – Kwarantyn

Nuus
18 Junie 2020
Kunsuitstallings is nie maklik nie, veral wanneer jy self die stukke self moet hang, en dan klei in potte ook moet omskep.
Dag 9: Uitstalling – Kwarantyn Image : 10500

Vandag moes die gesinne nie nét hulle stillewens op die mure kry nie, hulle moes ook potte maak.

Na die Scheepers die stillewe-uitdaging gewen het, moes hulle ook vandag hul doeke hang.

Maar die verf op dag-6, het ook vir die Scheepers baie punte gewen, wat hulle stukke op die muur meer spesiaal maak (na Die Opsigter hulle die wenner van die uitdaging aangekondig het).

LEES: Dag 6: Afsondering is ‘n stillewe – Kwarantyn

Maar vandag se uitdaging het gesien hoe albei spanne die beste potte moes vorm, en klei kan vol kritici wees, veral wanneer jy nog nooit met dié kunsvorm gewerk het nie.

Wat is dit? Dis 'n pot - wat wag om te gebeur natuurlik.
Pottebakkery40
Pottebakkery60
Pottebakkery50
Wat nou? Austin werk aan sy eerste pottebakkery klas.
Pottebakkery20
Gallery
Wat is dit? Dis 'n pot - wat wag om te gebeur natuurlik.

Sover is albei spanne nek-aan-nek met 10 000-punte elk, na die opsigter gisteraand aangekondig het hoe naby (of ver) hulle aan die R250 000 boerpot is, kan mens sien almal wou die beste pottebakker wees.

LEES: Ronde 1: En die uitslae is… – Kwarantyn

Die gesinne doen ook besonders goed op sosiale media, en #SpanLeRoux en #SpanScheepers het al meer as 10 000 getroue “followers” op Instagram, en dit groei by die dag.

Gisteraand het #SpanLeRoux uitgevind dat Heinrich en Manie die meeste volgers op Instagram het, terwyl #SpanScheepers nou weet dat Austin en Caryn voor loop in hulle huis.

LEES: Dag 5: Hoekom jy die deelnemers op Instagram moet volg – Kwarantyn

Met die einde van die week op die visier, wie kan raai wat Vrydag in #Kwarantyn kan gebeur?

Onthou om saam met ons #Kwarantyn te kyk op DStv-kanaal 149 om die wel en weë van #SpanLeRoux en #SpanScheepers te beleef. Weeksaande saai daar om 17:30 ’n verkorte weergawe uit op kykNET, kanaal 144 en dan Woensdae om 20:00 die groot hoogtepunt-episode om 20:00.