Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 47: Stephanie kom kuier - Kwarantyn

Nuus
26 Julie 2020
Sondae is sepie dag op Kwarantyn en Bibi het kom kuier.
Stephanie cover

Sondae is sepie dag op Kwarantyn en hierdie week het ons die betowerende Stephanie Baartman-Petersen, wat Bibi vertolk in die gewilde kykNET drama Getroud met Rugby, gekry om vir die families te kom kuier.  

Sy het ongelooflike hulpvaardige wenke met beide families gedeel en hulle mooi reg gekry vir vanaand se Sepie-sterre wat ‘n groot 2000 punte werd is.

Ons het gou ‘n lekker geselsie saam met hierdie dinamiese aktriese aangeknoop voor sy van die stel af verdwyn het.

  1. Wat volgens jou is die moeilikste ding van ‘n aktriese wees?

SBP: Sommige mense dink dat jy jou karakter is en as hulle jou in die strate sien dan verwag hulle dat jy dit Bibi is en nie Stephanie nie. Gelukkig is my karakter nie vêr van wie ek as persoon is nie. Ek kry wel die akteurs wat die moeiliker rolle speel soms jammer. Alhoewel dit baie lekker rolle is om te speel, raak die mense so opgesweep in die stories dat hulle nie die mens agter die karakters kan sien nie. Mense moet ons en ons karakters kan onderskei wanneer hulle ons in die ‘regte’ wêreld sien.

Dan ook social media. Mense dink ons sien nie die goed wat hulle oor ons sê op Facebook of Instagram nie.

Ek gee nie om as hulle my ‘acting skils’ beoordeel nie, maar sommige mense klim in ons menswees in en sê baie lelike goed oor ons as mense. Hoe ons lyk en wat ons dra word onder ‘n mikroskoop gesit en ongevraagde kommentaar op gelewer. Ons is tog ook mense met ons eie lewens.

  1. Wat geniet jy die meeste van jou werk.

SBP: Die feit dat dit ‘n weg breuk is van alles af. Ons speel ‘n rol, maar dit bly tog speel nog steeds. Om net vir daai oomblik in ‘n karakter in te verander is ongelooflik lekker. As ek nie noodwendig braaf genoeg is om iets te sê nie gaan my karakter dit verseker sê. Dit is soos om poppekas te speel as jy klein is, net voor ‘n klomp kameras.

  1. Hoe sit jy die emosies aan en af op so ‘n dramatiese sepie?

SBP: Ek sukkel soms met die emosies. Daar was die groot toneel waar my man in die storie dood geskiet was en ek moes natuurlik baie hartseer wees. Ek het diep in my gaan soek om hierdie emosies deur te bring. Jy huil nie net vir een dag nie, jy moet vir ‘n maand hartseer wees oor dit. So as jy eers begin huil dan huil jy sommer oor allerhande goed, jou pa wat jou by die winkel vergeet het en simpel goed wat jy eintlik al van vergeet het.

Die moeilike deel is dat jy uit dit moet uit as jy huis toe gaan. My gesin het my nodig as ‘n ma en ‘n vrou so ek kan nie daardie swaer emosies huis toe te vat nie. Gelukkig het ons in drama skool ‘stepping out’ tegnieke geleer. Soms help ‘n lekker dans of gospel liedjie oppad huis toe ook vir die.

  1. Wat geniet jy die meeste van Kwaratyn?

SBP: Ek geniet dat hulle niks kan wegsteek nie. En as jy nou gedink het jy kan iemand ‘fool’ oor wie jy is sal jy weer moet dink want die kameras en die opsigter sien alles.

Maak nie saak wie wen nie, almal is wenners. Die feit dat hulle vir 51 dae saam kom bly wil gedoen wees.

  1. Wie is die mense wat Stephanie sou saam bring vir Kwarantyn:

- Steve Petersen (my man)

- Madeleine Baartman (my sussie)

- Esmerelda Oliphant (vriendin)

- Linzay Coetzee (vriendin)

  1. Wie is die kykNET mense wat Bibi Bhele sou saam bring vir Kwarantyn:

- Christelle Van Den Berg

- Claudia Jones

- Cindy Swanepoel

- Germandt Geldenhuys

  1. Sou jy dit gehou het op Kwarantyn?

SBP: Ek sal dit verseker maak. Ek kom goed oor die weg met my mense en solank daar musiek is sal ek dit maak. Ek is nie ‘n ‘difficult’ mens nie.

  1. As jy enige advies het vir die volgende generasie akteurs en aktrises wat sal dit wees?

SBP: Uithouvermoë sal jou verder bring as wat jy dink. Mense sien die ‘fancy’ karre en mooi goed op Instagram en dink dit kom vinnig, dit doen nie, en as dit kom is dit meeste van die keer endossemente en geborg. Jy moet so ‘resilient’ wees dat jy vir jouself werk kan skep. Jy het iewers ‘n talent wat jy kan gebruik. Vind iets wat jou gaan help uitstaan. Een van my akteur vriende is ‘n towenaar en ‘n akteur. Daar is altyd iets wat jy kan doen.

  1. As jy vandag op ‘n stel van enige internasionale sepie of fliek kon instap en enige rol speel wat sou dit wees?

SBP: Sonder om te huiwer of te dink – How to get away with murder en ek wil Annalise Keating speel. Viola Davis is ongelooflik in hierdie rol en ek is mal oor die drama.

Die toneel in Getroud met Rugby waar ek voor die spieel sit na my man dood is was 100% gebaseer op ‘n Viola Davis toneel in die storie.

  1. Waarvoor sal jy bekend wees op Kwarantyn?

SBP: Ek sou die karaoke koningin gewees het. Ek sal vir almal sanglesse gee. Ek is nie noodwendig die heeltyd aan die sing nie, maar ek sal seker maak ons wen al die karaoke take.

Dit was ‘n plesier om met Stephanie te gesels en ons kan verseker sien hoekom sy soveel harte op en af van die skerms af steel.

Onthou om weeksaande om 18:00 in te skakel vir die nuutste Getroud met Rugby episodes op kykNET.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.