Foto: Getty Images
Tydens dag 42 was die twee huise ’n familielid ryker – elke familie was verras met ’n inteligente babapop waarna hulle vir 48 uur moes omsien. Lisa se reaksie hierop sal ons vir lank nog bybly – kyk hier onder:
Dié babapop is verskaf deur Edit Microsystems, en doen alles wat ’n regte baba doen: Dit huil, maak vuil, word honger, soek liefde én kry winde. Dus moet dié pop soos ’n regte baba gehanteer word. Lisa se reaksie
KYK OOK: SIT HOM NEER EN MAAK TOE DIE DEUR
Boonop is ons familielede uitgedaag om vir hul kleinding ’n naam te gee. Op sosiale media het ons ons kykers gevra watter seuntjie- en dogtertjiename hulle dink gepas is vir ’n baba wat tydens die COVID-19-pandemie gebore is. Hier is ons top-30 gunsteling-name:
Vir ’n seuns:
- Ferdi
- Pandreas
- Covido
- Kwartyn
- Lowky Downy
- Coronelius
- Zol
- Annaman
- Covidanie
- Kwarmandt
- Isolation Wuhan Quarantine
- Covin
- Kwarel
- Isolated
- Social Distancing Le Roux
Vir ’n dogtertjie:
- Kwarantina
- Covirina
- Covida
- Kwatryn
- Pandemica
- Panderia
- Coronelia
- Covida
- Coronia
- Kwariena
- Covilina
- Isolation
- Kwaralina
- Sodi (vir social distancing)
- Corina Pamdemic Scheepers
LEES OOK: ‘HUGO, BEL DIE POLISIE’ – KEN JOU BUURMAN SÓ UIT
Het jy enige raad en advies vir ons twee families oor hoe om na ’n baba om te sien tydens ’n pandemie? Laat weet ons op sosiale media.
Gesels saam op Facebook, Instagram en Twitter met die hutsmerk #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.
Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.
Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.