Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 43: ‘Hugo, bel die polisie’ – Kwarantyn

Nuus
22 Julie 2020
Ken jou buurman só uit.
Buurman Kwarantyn

Tensy jy in die middel van niks en nêrens bly, kan jy nie jou bure vermy nie. Jy kan hulle ook nie altyd kies nie. En hoewel julle nie altyd beste vriende is nie, moet jy aanvaar dat jy vir 'n verlengde tydperk baie met hulle te doen gaan kry. Veral as jy in dieselfde woonstelblok of kompleks bly. 

Sommige bure is baie beter as ander. Die Scheepers- en die Le Roux-familie het 'n goeie verstandhouding en kom voor asof hulle die perfekte bure is: Hulle kuier gereeld oor en weer, hulle is daar vir mekaar in tye van nood, en hulle respekteer mekaar se privaatheid en alleentyd. Ons almal is egter nie altyd so gelukkig nie. 

Hier is 10 tipes bure wat jy iewers in jou lewe gaan teekom, of alreeds ontmoet het: 
 

  1. Die kroniese lener
    Dis ’n luilekker Sondagmiddag, en ewe skielik klop iemand aan die deur: “Halloooo! Is julle tuis?” Jy het reggehoor, ja. Dis alweer die buurman wat ’n koppie suiker benodig. Dis daai buurman wat misbruik neem van die woorde ‘kan ek vir jou ’n gunsie vra’. Indien jy een van dié bure het, maak maar seker dat jy ’n ekstra fooitjie bylas vir jou maandelikse kruideniersware, want wees verseker, meer male as ooit aan jy nie weer die geleende item terugkry nie. 
     
  2. Die Nuusanker
    “Het jy gehoor” is die begin en einde van dié buurman se oggend, middag en aand. Hy of sy versprei die nuus vinniger as kykNET se eNuus-lesers. Hulle weet alles van almal, en as jy dié buurman raakloop in die oggend, stuur maar solank ’n boodskap aan jou bestuurder by die werk, want dié buurvrou het baie op die hart.


     
  3. Mevrou Nosy Parker
    Ken ons nie almal só buurvrou nie? Jy sien al ewig ’n beweging agter die blinders, ’n geskarrel agter die voordeur, ’n kop bo die grensmuur, of ’n vreemde figuur wat agteroor leun om by die hek in te loer... Dié buurvrou stel baie belang in jou doen en late. Dis asof hulle ’n alarm ontvang die oomblik wanneer jy beweeg. Hulle weet van alles en almal wat jou perseel betree. En wanneer julle gesels weet sy presies wat jy laas naweek in die agtertuin aagepak het. 
     
  4. Die kluisenaar
    Dis daai buurman wat net wyer om oogkontak te maak. Jy kan waai totdat jy blou is, en ‘hallo’ sê totdat jy stom is. Maak nie saak hoe breed jy glimlag nie, dié buurman of buurvrou se daaglikse doelwit is om daarin te slaag om jou tot die beste van hulle vermoë te vermy. Moet egter nie te hard wees op jouself nie. Ja, dalk was dit jy wat hulle een oggend of laat aand perongelukkig wakker geraas het, maar meer kere as ooit is hulle maar net vanselfsprekend vreemd.
     
  5. Die buurman wat nooit werktoe gaan nie
    Hulle is vroegoggend nogsteeds in hulle slaapklere besig om wasgoed op te hang. Of hulle lê in die son met hulle baaibroek. Kyk, sommige bure het interessante skedules gebaseer op die wyse waarop hulle daagliks kom en gaan, maar dié buurman spesifieke buurman is besonders gegewe hulle sonbed-roetine. Hulle is al ewig in ’n japon of ’n baaikostuum met ’n glasie wyn of ’n boek, en die wêreld kan vergaan.


     
  6. Die na-aper
    Jy dink dis slegs per toeval dat die sy mat dieselfde patroon het as joune? Jy gaan kuier en kom agter die gastebadkamer se handdoeke lyk bekend. O, wag, die koppie ook. En die mure? Dis dieselfde TV ook. Ja, teen nou moet ons jou ongelukkig in kennis stel, jy bly lang ’n na-aper. Dis reg, ja. Dié tipe buurman het ’n oog vir fynere detail: Die detail wat hulle aandagtig aanskou in jou sitkamer wanneer hulle kom kuier, en voor jy weet is hulle sitkamer ’n replika van joune.
     
  7. Die kokkedoor
    Daar kom gereeld vreemde reuke uit dié buurman se huis uit. En die geluide wat jy hoor herinner jou aan jou gunsteling-restaurant. Ja, dié buurman se voordeur is gewoonlik oop vir ’n bietjie vars lug, en hy is gewoonlik meer gereeld as jy by die huis besig om homself af te sloof in die kombuis. ’n Groot pluspunt om langs so ’n buurman te bly is natuurlik die feit dat jy die proefkonyn is. Ja, daar is gedurig ’n klop aan jou deur met nog ’n aflewering: Ja, dis ’n toetsmonster van die jongste konkoksie.
     
  8. Caryn, die klakous
    Caryn is die oorsprong van alle probleme in die woonstelblok. Sy kla oor alles. Of dit nou op die kompleks se algemene WhatsApp-groep is, of in die verbygaan. Sy ken die opsigter se nommer uit haar kop uit. Sy voel in die gesig gevat deur die geringste geluidjie wat jy of die res van die inwoners maak. En die enigste gesprek wat sy kan voer is gebaseer op die sogenaamde probleme in die kompleks of woonstelblok. Sy hou daarvan om petisies rond te stuur oor die misbruik van internet, water of spasie, en hoewel sy jou teen die mure kan uitdryf, wil jy haar aan jou kant hê wanneer jy self veg vir ’n goeie saak. 


     
  9. Die lawaaimaker
    Dié buurman is gewoonlik baie gewild onder die res van die buurt. Soms is hy baie bereidwillig om jou met ietsie te help. En ongeag die tyd of dag, daar is heeldag iemand wat by hom kuier. Ja, kyk, of hulle nou by die huis is of nie, daar is altyd ’n gedreun aan hulle kant van die muur. Dalk is dit gaste, dalk is dit musiek wat speel. Dalk guitar-lesse: Dié buurman maak heeldag ’n lawaai. En as die lawaai te erg raak, maak jy maar jou vensters toe en sit jou TV harder, want jy voel te skuldig om te kla. Ja, hoe kan jy dan nou kla? Hy het jou net gister gehelp om jou kruideniersware na jou voordeur toe te dra.
     
  10. Die nutsman
    Saterdae is gemaak vir middagslapies en…boor! Ja, daar is geen vir ’n middagslapie nie, nie as jy langs dié buurman bly nie. Nee, nee, want daar’s ’n skildery wat onmiddelik gehang moet word. Dis reg. In dié buurman se huis is daar al ewig een of ander opgradering wat plaasvind. En ironies genoeg kry jy twee tipes van dié: Die een wat se boor net nie kan ophou nie, en die een wat se boor tussendeur brekies neem, want hy neem sy bure in ag en wil nie rus versteur nie.
     

Watter familie sal jy as bure verkies: #SpanLeRoux of #SpanScheepers? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerk #Kwarantyn.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.