Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 30: Watter stereotipe is jy? – Kwarantyn

Nuus
09 Julie 2020
Ons het uitgevind.
Watter stereotipe is jy

In ’n onlangse Facebook-inskrywing het ons julle gevra om uit sewe COVID-19-stereotipes te kies en ons te laat weet met watter een julle vereenselwig.

Die terugvoer was as volg:

Die meerderheid van julle het gesê julle is ’n nommer 1, die onbekende volger van reëls was. Tania van Wyk Gouws respekteer reëls en volg dit dus. “Nies-druppels trek tot en met ses meter,” het sy gesê. “En ek groet nie met die elmbook nie: Nies nou in die elmboog en groet dan nou-nou iemand anders met dieselfde elmboog? Ek sal maar eerder vir almal waai.”

Elize Fourie en Arabella Erwee verkies ook reëls en regulasies en ag beide hulself as Die [onbekende] volger van reëls (nommer 1). “Dis die regte ding om te doen,” het Elize Fourie gesê, terwyl Arabella gesê het: “Pyn met handewas, masker en distansie.”

Mani Coetzee het tot inkeer gekom. Sy het op sosiale media gesê: “Eers was ek ’n bietjie van ’n 7, maar nou is ek ’n kombinasie van 2 en 3.”

En naas nommer een, het baie van ons kykers vereenselwig met nommer 6, die COVID-19-fashionistas. Dis reg, ja. Dis eerder die patroontjie as die gemak wat tel.

LEES OOK: DIE COVID-19-STEREOTIPES

Claire Martin het onder andere gesê: “Altyd was dit ietsie vir die oog. [Hoekom] dan nie vir die mond?”

Naas nommer ses, was dit ’n kombinasie van nommer 2, 3 en 4. Annelien Pieterse Schwab het gesê: “[My] neus soek suurstof,” terwyl Shanee Nell gesê het sy is “Mrs Paranoia, ongelukkig met goeie rede”.

En dan was daar die COVID-19-non-believers… Dis reg, ja. Sommige van julle glo dat COVID-19 ’n foefie is. Antonet-Nirvana Lange het onder andere in haar inskrywing op sosiale media gesê: “Plandemic, scamdemic, unlawful incarceration…

Met watter stereotipe vereenselwig jy? Laat weet ons op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn.

Onthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.