Logo

‘Waar my siel rus’ – Leah se dagboek

Nuus
31 Desember 2018
Leah skryf oor haar gunsteling-vakansieplekke.
BSV-Vakansieplekke

FOTO: Getty

 

Liewe Dagboek,

Die boere en hul metgeselle gaan binnekort met vakansie, wat my laat dink en droom oor die vakansieplekke na aan my hart.

My héél gunsteling-vakansieplek is sonder twyfel St. Helenabaai, aan die Weskus. Ek is ’n Weskus-meisie en dis werklik die enigste plek waar my siel ruskans kry. Die lewe is soms bietjie gejaagd, en dis die één plek waar ek behoorlik kan afskakel.

As ek aan plekke oorsee dink, dink ek eerste aan my wittebrood. Ek het ’n wonderlike wittebrood in Thailand gehad.

Dit was ’n ongelooflike ervaring, want dis ’n plek waar jy die mooi van ’n eiland kan beleef maar ook nuwe dinge kan ervaar. Ons het nie net gerus nie, maar ook lekker verken.

Ek hoop ek sal eendag na Kuba kan reis. Ek wil die kultuur ervaar, asook salsa nights!

– Leah

Leah het reismiere! Dié Instagramfoto’s laat ons wens ons kon nóú ons tasse pak:








Jy kan ’n middagete saam met Leah en vier mense van jou keuse losslaan! Al wat jy hoef te doen is om aan ons opwindende kykerskeuse-ervaring deel te neem. Vingers op die knoppies!

Boer Soek ’n Vrou 11 saai Donderdae om 20:00 op kykNET uit.