Logo

Plaas toe – Leah se dagboek

Nuus
20 November 2018
As Leah plaas toe moes trek, sou sy . . .
BSV-Plaas-toe

FOTO: Getty

 

Liewe Dagboek,

As ek plaaslewe in vyf woorde moet opsom, dink ek dadelik aan:

  1. Windpomp (dis dalk old-school, maar ek dink altyd aan plase met ’n windpomp!);
  2. Sielskos;
  3. Dieregeluide;
  4. Plaasdamswem (ek het al in ’n plaasdam geswem, noudat ek daaraan dink!); en
  5. Familie.

As ek van die stad af plaas toe moes trek, sou ek soveel as moontlik op die plaas gaan stap het (ek is nogal onfiks!).

Ek het agtergekom baie van die boere het ’n four-wheeler of motorfiets. Ek sou graag só iets wou hê om saam met my man op die plaas mee rond te ry.

Daar is altyd ’n klomp diere op die plaas – baie honde. Ek is baie liefde vir honde, so ek sou heeltyd met hulle gespeel het op die plaas.

Ek is baie lief vir lees, so ek sou ook vir my ’n leeshoekie op die plaas wou vind. As ek eers ’n boek begin, wil ek hom klaarmaak!

Ek is ook nie bang om my hande vuil te maak nie. As ek op die plaas moes uithelp, sou ek dit graag doen!

– Leah

Leah en haar brakke:

Verbeel jou jy en vier van jou vriende kan ’n middagete saam met Leah geniet! Lees meer oor ons kykerskeuse-ervaring hier.

Boer Soek ’n Vrou 11 saai Donderdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uit. Gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik!