Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

Therese Benade kondig verlowing aan

Nuus
02 Desember 2016
Die Kwêla-aanbieder Therese Benade het Donderdagaand verloof geraak.
Therese Benade 2016

Die Kwêla-aanbieder Therese Benade het Donderdagaand verloof geraak.

Die man wat dié gewilde kykNET-persoonlikheid om haar hand gevra het, is die bekende Kaapse argitek, Christian Bam.

Therese (39) en Christian (50) ken mekaar al sowat ’n jaar en is al van Februarie in ’n verhouding.



“Christian het my heeltemal onkant gevang met die vraag, maar ek het natuurlik dadelik die ja-woord gegee,” sê ’n verheugde Therese.

“Ek weet elke vrou sê dit altyd wanneer haar droomman haar vra om te trou, maar ek is regtig die gelukkigste vrou in die wêreld vandag.”

Die paartjie het by die Cape Grace-hotel in die V&A Waterfront in Kaapstad verloof geraak.

Therese het veral bekendheid vir haar rolle in die kykNET-sepie Villa Rosa en die ikoniese Afrikaanse TV-reeks Song vir Katryn verwerf.