Kwêla

Woensdae om 20:30

Herhalings

Donderdae om 15:30

Vrydae om 10:00

Saterdae om 18:00

Sondae om 13:00

Maandae om 08:30

Lees meer

Kwêla het oor die jare ’n huishoudelike naam geword. Dié bekroonde joernaalprogram se eerste uitsending was op 17 November 1999, en met die uitsondering van herhalings wat in die eerste paar jaar se vakansie-seisoene uitgesaai is, het die span sedertdien elke Woensdagaand gesorg vir ’n uur vol wetenswaardighede, inspirasie en humor. Kwêla vertel mense se stories... of hulle nou bekend is of nie, solank hulle storie ander mense op ’n positiewe wyse sal aanraak. Kwêla aanbiedersikone, rolmodelle en sterre uit die vermaaklikheids-, kultuur- en sportwêreld ken hulle sit op die Kwêla-bank, en ons veld-aanbieders kuier ook ewe gemaklik by hulle in hulle eie huise. Coenie de Villiers het in Mei 2015, ná 15 jaar as Kwêla-aanbieder, besluit om dié program te groet. Hannes van Wyk is deesdae as aanbieder te sien. Oor die jare het veldaanbieders gekom en gegaan, en mense soos Shemane Harris, Maurice Carpede, Therese Benade, Lindie Stander en Eloise Cupido het saam met die produksiespan die land platgery agter stories aan. Van Musina tot Kaap Agulhas, en van Alexanderbaai tot Port St John’s en Kosibaai.. Kwêla was al daar, en gaan weer soontoe om die merkwaardige mense van ons land se stories aan kykNETters te vertel. Vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos aan kwela@kyknet.co.za of skakel 021 422 3452.

video
19 Jan 2017

Kwêla: Amanda du Plessis

Ons het gaan kyk hoe Amanda du Plessis die natuur en geskiedenis in haar kussings en muurpanele inweef.

hoogtepunt
18 Jan 2017

Kwêla: 25 Januarie 2017

Kyk Kwêla, Woensdae om 20:30. Hier is wat voorlê in die jongste aflewering.

video
16 Jan 2017

Kwêla: AtFritshotel

Die Kwêla-span kom agter ’n hondelewe is nie altyd so swaar nie, by die AtFritshotel.

hoogtepunt
16 Jan 2017

Kwêla: 18 Januarie 2017

Kyk Kwêla, Woensdae om 20:30. Hier is wat in vandeesweek se aflewering voorlê.

video
13 Jan 2017

Kwêla: Braam Malherbe

Braam Malherbe reis al die pad van Kaap tot Rio in ‘n klein roeibootjie! Ons het gaan ondersoek instel.

video
11 Jan 2017

Kwêla: Adéle Maritz

Adéle Maritz vertel hoe sy die verlies van hul agtjarige dogtertjie moes leer aanvaar en hoe sy hierdie ervaring gebruik as motiveringspreker.

nuus
11 Jan 2017

Kwêla: Inspirerende Onnie

As jy ’n inspirerende onnie ken, wil Kwêla van jóú hoor! Lees meer oor dié nuwe projek hier.

 
11 Jan 2017

Wen R10 000 kontant met kykNET!

Staan die kans om R10 000 kontant te wen! Al wat jy moet doen is om op Woensdag 18 Januarie 2017 kykNET tussen 19:30 en 21:30 te kyk en drie eenvoudige vrae te beantwoord.

video
9 Jan 2017

Kwêla: Voorskou – Adéle Maritz

Adéle Maritz gesels op 11 Januarie 2017 om 20:30 eksklusief in die Kwêla-ateljee oor hoe sy die byna ondenkbare verlies van hulle agtjarige dogtertjie moes leer aanvaar.

hoogtepunt
4 Jan 2017

Kwêla: 11 Januarie 2017

Kyk Kwêla, Woensdae om 20:30. Hier is wat in die volgende aflewering voorlê.

hoogtepunt
28 Des 2016

Kwêla: 4 Januarie 2017

Kyk Kwêla, Woensdae om 20:30. Hier is wat in die volgende aflewering voorlê.

ID:486265