Logo
Binnelanders Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Binnelanders

144Drama13

Saftas 2016: Hier is die wenners

Nuus
22 Maart 2016
Talle Afrikaanse projekte is die afgelope naweek met Saftas (Suid-Afrikaanse rolprent- en televisie­pryse) vereer. Baie geluk aan die wenners!
Dis ek Anna Charlene

Foto: Charlenè Brouwer is in die fliek Dis ek, Anna te sien.


Talle Afrikaanse projekte is die afgelope naweek met Saftas (Suid-Afrikaanse rolprent- en televisie­pryse) vereer. Die 10de Saftas-toekenningsaand het op 18 en 20 Maart 2016 plaasgevind. Baie geluk aan die wenners!

Beste vollengte fliek
Dis Ek, Anna

Beste ondersteunende akteur in ’n vollengte fliek
Marius Weyers (Dis Ek, Anna)

Beste regie in ’n vollengte fliek
Sara Blecher (Dis Ek, Anna)

Beste geselsprogram
Republiek Van Zoid Afrika

Beste kortfliek
Nommer 37

Beste kostuumontwerp in ’n TV-dramareeks
Mercedes de Bruyn (Terug Na Egipte)

Beste prestasie in klankontwerp in ’n sepie
Ben Oelsen (Villa Rosa)

Beste kinematografie in ’n sepie
Kobus van Niekerk, Charl Odendaal, Francois Grobler (Binnelanders)

Beste kinematografie in ’n vollengte dokumentêre fliek
Richard Gregory (Boere op Die Aardsdrempel)

Beste prestasie in redigering in ’n vollengte dokumentêre fliek
Richard Gregory, Ronelle Loots (Boere op Die Aardsdrempel)

Beste prestasie in klankontwerp in ’n vollengte dokumentêre fliek
Daniel Eppel (Boere op Die Aardsdrempel)

Om weer na die benoemdes te kyk, klik hier.