Binnelanders is ‘n halfuurlange daaglikse weekdag drama op kykNET wat handel oor die wel en weë van die mense wat hul toevlug en hul heil vind in Binneland Kliniek in Pretoria. Buite in die strate bars Jakarandas uit hul nate, en alles lyk so van ver af gesond – maar in die hospitaalgange en sale, en heel dikwels in die raadsale, is dit 'n ander storie.

Weeksaande @ 19:30 en 23:30; Weeksoggende @ 08:30; Saterdagoggende @ 11:30

Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos aan Ernst@starkfilms.co.za.

Bin_Ekstra

*Binnelanders Ekstra is hier! Kliek hier vir meer.

*Kyk die volledige episode van Binnelanders op DStv Catchup as jy 'n premium intekenaar is. 

Nuus

Binnelanders benoem vir 'n SAFTA

Baie geluk aan Binnelanders, wat vir 'n rits SAFTA's benoem is. 'n Paar akteurs, sowel as die sepie self en 'n paar departemente het 'n nominasie ontvang.

Lees Meer

“Ek dink elke vyf minute aan my ma”

Dit is vir enigiemand moeilik as ’n geliefde met Alzheimer se siekte gediagnoseer is, maar wat as jy ’n tiener is en jou ma is nog jonk? Leandie du Randt vertel van haar ervaring.

Lees Meer

Spoke uit die verlede en die noodlot tref

Iemand maak uiteindelik 'n terugkeer, maar dan die tref die noodlot iemand onverwags, wat 'n klomp planne omvergooi...

Lees Meer

Is Ivanka in gevaar?

In vandeesweek se episodes van Binnelanders is daar 'n nuwe gesig te sien - wie is sy en het sy dalk 'n verbintenis met Ivanka?

Lees Meer

Binnelanders neem deel aan die #DaredevilRun

Vrydag 30 Januarie het 'n Binnelanders-span deelgeneem aan die Hollard #DaredevilRun. Die veldtog beoog om die klem op kankers te plaas wat mans aan ly.

Lees Meer

Binneland akteurs en gasspelers

As jy 'n gesig op Binneland sien, maar nie weet wie dit is of wonder wat die naam is van die karakter wat deur 'n sekere akteur vertolk word, kyk hier vir die volledige lys van akteurs en gasspelers en die karakters wat hulle vertolk.

Lees Meer

Binnelanders Februarie 2015 hoogtepunte

Ivanka se ma, CheriLee, se ware kleure kom na vore, Pippa en Rian moet 'n groot besluit neem en iemand het haar kloue in 'n man...

Lees Meer

Binnelanders: 26 - 30 Januarie 2015

At keer terug van Mosambiek en tref ‘n onverwagse gas in sy huis aan. Kyk ook watter bekende aktrise is ook vandeesweek in Binnelanders te sien.

Lees Meer

Binnelanders: 1 - 5 Desember 2014

'n Binnelander word gyselaar geneem en iemand word ontvoer, maar vir 'n verandering vir 'n goeie rede...

Lees Meer

Binnelanders gaan groot in Desember

In Desember is daar geen tekort aan aksie in Binnelanders nie! Al wat ons kan sê is dat 'n interessante feesseisoen en Oujaar op die Binnelanders wag...

Lees Meer

Meer Nuus

Daleen Oosthuizen

Daleen Oosthuizen (Desiré Gardner)
Verpleegster


Daleen is Pippa se eweknie, alhoewel sy ‘n baie meer realistiese uitkyk op die lewe het. Sy droom baie, maar leef in die werklikheid en laat nie klein dingetjies toe om haar onder te kry nie. Daleen werk hard, maar speel ook hard – sy het definitief die potensiaal om haar man op en van die sportveld vas te trek. Daleen is jou tipiese eks-joolkoningin wat daarop uit is om vir haar ‘n droom-dokter eggenoot te kry en die res van haar jare in gemak en styl te spandeer.

At Koster

At Koster (Hans Strydom)
Hospitaal-administrateur en hoof-aandeelhouer van Binneland Kliniek en sakeman


‘n Ambisieuse sakeman wat nooit ‘nee’ vat vir ‘n antwoord nie, altyd kry wat hy wil hê (ongeag die koste), en ‘n gedugte teenstander. At is die argetipe-skurk, die sogenaamde wolf in skaapklere, wat sy prooi verslind, of laat verdwyn. Met nog ‘n egskeiding agter die rug, is die tyd dalk ryp vir At om weer ware liefde te vind – maar wie sien kans vir dié man?

Pippa Venter

Pippa Venter (Nadia Valvekens)
Verpleegster


As sonstraaltjies, somer, ‘sugar, and spice, and everything nice’ in een liggaam gegiet sou word, dan is Pippa die resultaat. Sy sit amper nooit ‘n voetjie verkeerd nie, hou haar besig met die belangrike goed in die lewe, en pak elke dag haar glimlag in werk toe. By die huis mag sy dalk so nou en dan met n traan in die oog sit, maar wanneer werkstyd aanbreek is sy die een op wie se knoppie daar enige tyd gedruk kan word. Sy is so bietjie naief, maar beslis nie ‘n dromer nie. Pippa is ‘n regte plaasmeisie, wat met haar kop omhoog loop, en haar voete stewig op die aarde geplant hou.


Binnelanders: 27 Februarie 2015

Wimpie tree onsensitief op en terwyl almal gereed maak vir ‘n begrafnis maak Naomi haar gereed vir die ergste.

Wimpie tree onsensitief op en terwyl almal gereed maak vir ‘n begrafnis maak Naomi haar gereed vir die ergste. At eis sy pond vleis en Cheri-Lee probeer dinge regmaak met Ivanka en dan daag iemand baie onverwags op in Pretoria. Cheri-Lee maak ‘n besluit oor wie sy die man in haar lewe wil maak en Adler vryf sout in At se wonde.
Lees Meer

Binnelanders: 26 Februarie 2015

Naomi maak ‘n ontdekking oor Kobus wat haar ontstel en Cheri-Lee oorreed iemand...

Naomi maak ‘n ontdekking oor Kobus wat haar ontstel en Cheri-Lee oorreed iemand anders in die sentrum om saam met haar ‘pret’ te hê. Okkie probeer om die swaar taak makliker te maak vir Zadie. Ronnie raak betrokke in ‘n geveg wat nie in die kryt plaasvind nie en At wil vir Susanna help met die sentrum. Okkie bevind homself in ‘n moeilike posisie rakende Merle.
Lees Meer

Binnelanders: 25 Februarie 2015

‘n Ete-afspraak kan lei tot ‘n herontmoeting en Pippa maak seker Rian weet wat op hom wag…

Merle het ‘n boodskap vir ‘n hardkoppige Gertrude en Cheri-Lee is senuagtig oor die sentrum. Zieg sê vir Susanna dat At is ‘n gevaarlike man en Merle is opgewonde om haar suster te sien. ‘n Ete-afspraak kan lei tot ‘n herontmoeting en Pippa maak seker Rian weet wat op hom wag…
Lees Meer

Binnelanders: 24 Februarie 2015

Iemand kry ‘n tweede kans op die lewe en Zadie vermoed dat alles nie pluis is met Merle nie.

Die geheim is uit in die gange van Binneland Kliniek en die personeel sit op hete kole en wag vir terugvoer. Susanna gaan duidelik nie maklik opgee wanneer Zieg besluit hy wil nie meer in die verlede krap nie. Iemand kry ‘n tweede kans op die lewe en Zadie vermoed dat alles nie pluis is met Merle nie.
Lees Meer

Binnelanders: 23 Februarie 2015

‘n Geslote deur en ‘n bekentenis is dalk die begin van die einde.

Daar is komplikasies in Merle se toestand en foto’s is dalk die begin van Susanna se ontdekkingsreis. Merle maak haar hart oop teenoor Zadie en dit wil voorkom asof Jana haar voete begin vind. Ilse reël ‘n spesiale vergadering – en besef dat sy geen idee het wat die Gouwse moes deurmaak nie. ‘n Geslote deur en ‘n bekentenis is dalk die begin van die einde.
Lees Meer

Binnelanders: 20 Februarie 2015

Leon praat met Anton oor Anleo, terwyl ‘n onverwagse oproep kan die einde van Cheri-Lee se goeie aand beteken.

Leon praat met Anton oor Anleo, terwyl ‘n onverwagse oproep kan die einde van Cheri-Lee se goeie aand beteken. ‘n Spesiale konsert word opgevoer, en Rian het die antwoord vir At se ongeloof in Jana. Morné-hulle se les word onderbreek deur Ilse en Nagskof blyk ‘n stukkie oase te wees vir Adelyn. Anton praat sy mond verby.
Lees Meer

Binnelanders: 19 Februarie 2015

Cheri-Lee het groot planne vir die aand. Jana en Susanna besef nie die omvang van hul besluite nie.

Zadie en Nick praat met mekaar oor hul pa’s en Cheri-Lee het groot planne vir die aand. Jana en Susanna besef nie die omvang van hul besluite nie, en Merle wil meer weet oor Nick se liefdeslewe. Daleen voel jammer vir Karli en haar pasiënt en die waarheid wil maar net nie sy pad vind nie…
Lees Meer

Binnelanders: 18 Februarie 2015

‘n Foto bring baie heimweë vir ‘n pasiënt, en Zieg is terug.

Jana onderhandel oor ‘n kontrak, en Cheri-Lee gebruik die kostrollie as ‘n verskoning om haar notaboekie te gebruik. ‘n Foto bring baie heimweë vir ‘n pasiënt, en Zieg is terug. Testamente is aan die orde van die dag, en Nick hoor ‘n voëltjie fluit oor hartsake.
Lees Meer

Binnelanders: 17 Februarie 2015

Pippa moet vinnig en flink op haar voete dink, en Cheri-Lee is verleë oor werk.

Dit lyk asof Adler die hef in die hand het, en Adelyn en Zadie reageer op nuus oor die opvoering. Pippa moet vinnig en flink op haar voete dink, en Cheri-Lee is verleë oor werk. Susanna neem die leisels oor – maar ook nie vir te lank nie – en Merle besef wat die verhouding is tussen Okkie en Zadie. Jana bewys haar lojaliteit – en gee ‘n ultimatum.
Lees Meer

Binnelanders: 16 Februarie 2015

Die moeilikheid hou net nie op vir At nie, en ‘n baie jaloerse Adelyn neem ‘n besluit – en gaan oor tot aksie.

Cheri-Lee het planne met Ivanka se opvoering, en Pippa sukkel om Rian in die hande te kry. Zieg se verlede spook nog by hom, en Zadie is ontsteld oor Merle. Die moeilikheid hou net nie op vir At nie, en ‘n baie jaloerse Adelyn neem ‘n besluit – en gaan oor tot aksie. Cheri-Lee draai Ivanka om haar pinkie, en At gryp na sy bors…
Lees Meer

Bladsy 1 van 96 |

Binnelanders: 24 Februarie 2015

Die geheim is uit in die gange van Binneland Kliniek en die personeel sit op hete kole en wag vir terugvoer. Iemand kry ‘n tweede kans op die lewe en Zadie vermoed dat alles nie pluis is met Merle nie.

Binnelanders: 23 Februarie 2015

At stel uiteindelik sy vermommingsplan in aksie en Merle maak haar hart oop teenoor Zadie. Susanna vat vir Anton aan oor wie hy regtig is.

Binnelanders: 20 Februarie 2015

Leon praat met Anton oor Anleo, terwyl ‘n onverwagse oproep die einde van Cheri-Lee se goeie aand kan beteken. At probeer Rian te oortuig om hom te help met ’n vermomming en Nagskof blyk ‘n stukkie oase te wees vir Adelyn. Anton praat sy mond verby.

Binnelanders: 19 Februarie 2015

Zadie en Nick praat met mekaar oor hul pa’s en Cheri-Lee het groot planne vir die aand. Pippa kry effense slegte nuus en Anton en Susanna mag dalk probleme hê.

Binnelanders: 18 Februarie 2015

Jana onderhandel oor ‘n kontrak, en Cheri-Lee gebruik die kostrollie as ‘n verskoning om haar notaboekie te gebruik. ‘n Foto bring baie heimweë vir ‘n pasiënt.

Binnelanders: 17 Februarie 2015

Pippa moet vinnig en flink op haar voete dink, en Cheri-Lee is verleë oor werk. Adelyn en Zadie reageer op nuus oor die opvoering. Jana bewys haar lojaliteit – en gee ‘n ultimatum.

Binnelanders: 16 Februarie 2015

Zadie is ontsteld oor Merle, en Pippa sukkel om Rian in die hande te kry. Zieg se verlede spook nog by hom, en At gryp na sy bors…

Binnelanders: 13 Februarie 2015

Okkie kom tot iemand se redding. Zadie se partytjie ruk ‘n bietjie hand uit en Naomi verwag ‘n belangrike oproep. At is beslis nie beindruk met Jana nie – en maak geen geheim daarvan nie.

Binnelanders: 12 Februarie 2015

‘n Familievergadering vind plaas sodat Ilse haar plan van aksie kan verduidelik en Pippa en Daleen probeer Vicky oortuig om te bly. Gustav se nuus vir At laat hom twee keer dink oor waarmee hy besig is en die spoke van die verlede wil nie vir Zieg alleen laat nie.

Binnelanders: 11 Februarie 2015

Ivanka besluit om hulp te vra en Karli se waarskuwing val op dowe ore. Daar wag ‘n verrassing by die Ferreira’s vir Ivanka.

Bladsy 1 van 90 |

Binnelanders: 1 - 5 Desember 2014 foto's

Pille is die groot rede vir ‘n verandering in planne. Zieg se skuldeisers neem ‘n Binnelander gyselaar – en ‘n skoot word afgevuur. ‘n Dokter word in Ongevalle opgeneem as ‘n pasiënt, en Rian en Michelle konfronteer Carol. Jana word onverhoeds betrap...Tertius word verras met ‘n boodskap van iemand uit sy verlede – en probeer dit van Daleen wegsteek. Jana is ooggetuie tot ‘n groot terugslag. ‘n Onvergeetlike avontuur begin vir Michelle wanneer sy ontvoer word, terwyl ‘n dokter se onveranderde situasie rede is tot kommer. Daleen is teleurgesteld in haar man se planne. Morné beland in groot moeilikheid vir sy dade, en Margot probeer help – maar maak dinge dalk net erger – vir Tertius.

Binnelanders: 21 - 28 November 2014 foto's

Gesondheid en hartsake kan een persoon se hele lewe omkeer, en Naomi en Zadie is geskok as Kobus die ware rede vir sy uittrede onthul. Gustav praat met Pippa oor Michelle, en daar word ‘n lyn in die sand getrek ten opsigte van At. ‘n Pasiënt ontgeld ‘n tekort aan pille, en Gustav maak sy hart oop. Een beskuldiging lei tot die ware oorsprong, terwyl ‘n ander een gebruik word as ‘n verskoning vir ‘n groter probleem. Okkie is op die oorlogspad, en Morné doen moeite met ‘n ete. Daar is ‘n groot uitbarsting tussen Jana en At, en Kobus reël iets spesiaals vir Nagskof. Twee mense besef uiteindelik wat aan die gang is. Zieg is gefrustreerd met Daleen, en Tertius se aand eindig nie soos wat hy gehoop het nie.

Binnelanders: 17 - 21 November 2014 foto's

Jana maak seker Zieg weet presies hoe sy oor hom voel – alhoewel dit vinnig kan verander as sy besef wat hy bereid is om te doen met Jenny. Indien At van ‘n geheim moet uitvind sal hy diep geskok wees… Zieg se konkelwerk ken geen einde nie, en Jana word ‘n pion in ‘n gevaarlike speletjie. Ilse vind uit van Michelle. 'n Afspraak raak skielik baie besig. Michelle se gesondheid is ‘n kopseer vir Gustav, en Jana word deur At verbaas. Dit is Margot se beurt om vir Jana raad te gee, en Ilse wil ‘n ernstige gesprek met Morné hê. Jenny is bekommerd dat Zieg dinge ‘n stap te ver neem. Gustav moet die slegte nuus breek, en Zieg vra ongemaklike vrae aan Jana. Jenny stel At aan ‘n ultimatum voor.

Binnelanders: 3 - 7 November 2014 foto's

Dit is Pippa se eerste dag terug by die werk, en elders stamp ‘n verpleegster koppe met ‘n loodgieter. At haal sy bui uit op Jana en Gustav wil nie ‘n prognose waag nie. Zieg se manipulasies het geen keer nie – en kan ook iemand se uitkyk op die lewe verander. Jana probeer haar beste om iemand te vermy – en dan word sy gekonfronteer oor haar professionele gedrag. 'n Dokter vaar nie so goed in die teater nie. As ‘n dokter se oordeelsvermoë in twyfel getrek word, raak dinge bietjie krapperig. At probeer vrede maak. Gustav en Tertius wonder of hulle reg opgetree het. ‘n Nuwe dokter en ‘n bos blomme laat ‘n pasiënt rooi sien, en Kobus en Naomi sit vas oor tegniese aspekte.

Binnelanders: 27 - 31 Oktober 2014 foto's

Karli en Jana het ‘n openhartige gesprek oor At, en Tertius is keelvol vir ‘n Koster. Dr. Combrink maak ‘n bekentenis, en iemand se horisonne sluit nie Tonik in nie. Pille en ‘n kredietkaart beteken nog meer probleme vir ‘n dokter, en die vonke spat tussen Daleen en Tertius. ‘n E-pos maak die wêreld nog meer ondraaglik vir die Jonkers, en Ivanka loop haar rieme styf by Amoret. ‘n Onverwagse soen en ‘n hand van vriendskap kan ‘n sakevrou se lewe bemoeilik. Michelle Kemp maak haar opwagting in Binneland Kliniek, en Karli kry nie die waarheid uit haar ma nie. ‘n Verpleegster is alweer in die moeilikheid – en die keer oor pille... Adelyn weet nie hoe om ‘n moeilike pasiënt te hanteer nie, en ‘n telefoonoproep maak ‘n dokter se situasie duideliker. At maak ‘n bekentenis, en Daleen hou haar besig met krisisbestuur.

Binnelanders: 13 - 17 Oktober 2014 foto's

At trap vir Daleen uit, en Rian konfronteer vir Bertha. Judith word voor stok gekry. ‘n TV-span is dalk die enigste uitweg om die waarheid te ontdek, en Zanel word die leviete voorgelees. Die Jonkers bevind hulself in ‘n moeilike situasie, en At neem besluite namens Jana. Bertha is baie slimmer as wat sy lyk... Pippa se grootste vrees word bewaarheid, en die Jonkers besef hulle gaan op hul tande moet kners om deur die volgende tydperk te kom. ‘n Irrasionele Pippa word met ‘n SMS uit die huis gelok, terwyl Rian met sy hand in sy hare sit. Zanel pak haar tasse.

Binnelanders en Kokkere kook by Skouspel

Van die Binnelanders akteurs en Kokkedore het die son, sand en see by Sun City geniet tydens die tweede naweek van Skouspel kom geniet. En sommer tyd gemaak om mekaar die stryd aan te sê tydens 'n kookkompetisie!

Binnelanders: 6 - 10 Oktober 2014 foto's

Flip het nuus vir Rian oor Bertha, en ‘n koerantberig en At Koster beïnvloed die Jonkers se huiskopery. Die onderwerp van menseroof laat Pippa baie vinnig op haar voete dink, en Judith se broer gaan blykbaar die Jonkers help met hul massiewe taak. Bertha het ‘n plan met Dirkie, terwyl die Malherbes nie langs dieselfde vuur sit oor Pippa se optrede nie. Marcel ontmoet Ivanka Gouws, en die Malherbes beland in twee verskillende hospitale se Ongevalle. Gustav wil antwoorde hê na ‘n gesprek met Bertha, en ‘n droom verander in ‘n nagmerrie vir meer as een gelukkige paartjie.

Binnelanders: 29 September - 3 Oktober 2014 foto's

Zanel is ‘n bedreiging vir Pippa wanneer dit kom by Dirkie. Stories wat aangedra word kan heel moontlik iemand anders bevoordeel. Karli bekom inligting wat sy met haar ma moet deel – maar sy mag nie haar bron onthul nie. Dit lyk asof Quinton se dae getel is. Rian en Pippa ontvang nuus van Peet oor die baba, terwyl Pippa ‘n besluit neem waarvan Rian nog nie bewus is nie. ‘n Onbekende tannie is opsoek na ‘n verpleegster... Die Malherbes weet nie wat om van Bertha te maak nie. At spreek Quinton onder vier oë, terwyl Mev. Malherbe ‘n teorie het oor Odile. Bloed is dikker as water – maar net as dit bewys kan word. Regsadvies word van albei kampe af ingewin, en Christa vra vir hulp – terwyl die publiek baie negatief reageer op ‘n storie.

Binnelanders: 23 - 26 September 2014 foto's

Quinton se groeiende ego frustreer Gustav bykans tot breekpunt, en Christa se motiewe raak al hoe duideliker. Judith se eerste indruk op die Jonkers word later heroorweeg. Daleen en Tertius vind Judith se aanslag problematies. Quinton ondersteun Christa in haar poging om by Dokter-Dokter betrokke te raak. Die eiendomsagent maak ‘n oorlas van haarself. At en Quinton stamp koppe oor Christa en At oorweeg drastiese stappe om die probleem te bowe te kom. Nog ‘n Ongevalle-dokter word oorreed om sy witjassie vir ‘n rooi een te verruil. At neem beheer oor Quinton se toekoms, terwyl dié dokter ‘n onstellende oproep (van iemand uit sy verlede) ontvang.

Bladsy 1 van 16 |

Binnelanders benoem vir 'n SAFTA

Baie geluk aan Binnelanders, wat vir 'n rits SAFTA's benoem is. 'n Paar akteurs, sowel as die sepie self en 'n paar departemente het 'n nominasie ontvang.
Lees Meer

“Ek dink elke vyf minute aan my ma”

Dit is vir enigiemand moeilik as ’n geliefde met Alzheimer se siekte gediagnoseer is, maar wat as jy ’n tiener is en jou ma is nog jonk? Leandie du Randt vertel van haar ervaring.
Lees Meer

Spoke uit die verlede en die noodlot tref

Iemand maak uiteindelik 'n terugkeer, maar dan die tref die noodlot iemand onverwags, wat 'n klomp planne omvergooi...
Lees Meer

Is Ivanka in gevaar?

In vandeesweek se episodes van Binnelanders is daar 'n nuwe gesig te sien - wie is sy en het sy dalk 'n verbintenis met Ivanka?
Lees Meer

Binnelanders neem deel aan die #DaredevilRun

Vrydag 30 Januarie het 'n Binnelanders-span deelgeneem aan die Hollard #DaredevilRun. Die veldtog beoog om die klem op kankers te plaas wat mans aan ly.
Lees Meer

Binneland akteurs en gasspelers

As jy 'n gesig op Binneland sien, maar nie weet wie dit is of wonder wat die naam is van die karakter wat deur 'n sekere akteur vertolk word, kyk hier vir die volledige lys van akteurs en gasspelers en die karakters wat hulle vertolk.
Lees Meer

Binnelanders Februarie 2015 hoogtepunte

Ivanka se ma, CheriLee, se ware kleure kom na vore, Pippa en Rian moet 'n groot besluit neem en iemand het haar kloue in 'n man...
Lees Meer

Binnelanders: 26 - 30 Januarie 2015

At keer terug van Mosambiek en tref ‘n onverwagse gas in sy huis aan. Kyk ook watter bekende aktrise is ook vandeesweek in Binnelanders te sien.
Lees Meer

Binnelanders: 1 - 5 Desember 2014

'n Binnelander word gyselaar geneem en iemand word ontvoer, maar vir 'n verandering vir 'n goeie rede...
Lees Meer

Binnelanders gaan groot in Desember

In Desember is daar geen tekort aan aksie in Binnelanders nie! Al wat ons kan sê is dat 'n interessante feesseisoen en Oujaar op die Binnelanders wag...
Lees Meer

Bladsy 1 van 12 |

Kyk Binnelanders op DStv Catchup

As jy 'n episode van jou gunsteling sepie gemis het, kan jy daarna kyk op DStv se Catchup diens!
Lees Meer

Bladsy 1 van 1 |



  • Video



  • Afri-Visie


    kyknet musiek

  • Kontak kykNET


    kyknet musiek


  • Vlug na Egipte


    kyknet musiek


  • Vallei van Sluiers


    kyknet musiek


  • kykNET Winkel


    kyknet musiek

  • Vind ons op WeChat


    kyknet musiek
  • Nuusbrief


    Teken in op ons nuusbrief!

    Is jy gereed om die jongste nuus, hoogtepunte, video's en nog vele meer te ontvang? Voltooi asseblief die onderstaande vorm.

  • kykNET op Twitter

    kyknet musiek
  • Facebook

  • Volg ons op Facebook Volg ons op Twitter Registreer vir RSS Feeds

Switch to the Mobile Version