Logo

Kokkedoortjie: Lekker pryse!

Nuus
05 April 2017
Daar wag heerlike pryse vir ons tien Kokkedoortjies!
Kokkedoortjie Pryse

Elke kuiken moet een of ander tyd die huis verlaat en vir tien Kokkedoortjies begin die avontuur op 5 April 2017.

Vir die wenner wag daar ’n ongelooflike gesinsreis oor die Middellandse See aan boord van ’n Norwegian Cruise Line-skip en vir die naaswenner ’n vyfster-gesinsvakansie by die Paradis Beachcomber Golf Resort & Spa in Mauritius – alles met die komplimente van Pentravel.

Al tien Kokkedoortjies kry ook geskenkbewyse van LekkeSlaap én ’n studiebeurs van R20 000, geborg deur Virseker.

Ander borge sluit in Pick n Pay, Olive Pride, NB Uitgewers, Rolkem, H&M, Diana Ferreira, Duram en Theo Paul Vorster.

Die mees gesogte prys is natuurlik die titel van Suid-Afrika se heel eerste Kokkedoortjie!

Volg die reis op ons webblad, Facebook, Twitter en Instagram.

Kokkedoortjie is Woensdae om 20:00 op die kassie.