Logo
Nataniël. Erik. Wolf.
web uni tv guide

Nataniël. Erik. Wolf.

144LeefstylPG

Hartstog: ’n Dokudrama deur Deon Opperman

Nuus
15 Oktober 2017
Die kykNET-dokudrama Hartstog, geskryf deur Deon Opperman, vertel die verhaal van 3 Desember 1967 – die dag toe die eerste hart oorgeplant is van een mens na ’n ander.
Hartstog_ChrisBarnard

Chris Barnard (FOTO: Getty)

“Ek sou ’n wonderlike dood gesterf het as ek geweet het dat iemand, as gevolg van my dood, die lewe kon behou.”  – Chris Barnard

 

Eerstens is dit belangrik om te noem dat die film nie Chris Barnard se storie vertel nie, maar wel die menslike faktore en gebeure van die 24 uur voor, tydens en na die eerste hartoorplanting in Suid-Afrika. Daar word ’n parallelle vertelling tussen die Darvall’s, die Washkansky’s, die ongeluk en die mediese drama in die hospitaal geskep. Die operasie vorm wel ’n belangrike deel van die film, maar die fokus is op die enorme menslike drama wat gepaard gegaan het met die eerste hartoorplanting.

LEES OOK: SKENK ’N ORGAAN – RED ’N LEWE

Kyk die lokprent hier onder:

Louis Washkansky (vertolk deur Russel Savadier) asook sy vrou Ann (Camila Waldman) en sy suster, Ann Taibal (Tiffany Barbuzano) staan aan die ontvangkant, terwyl Louis dringend ’n nuwe hart nodig het as gevolg van ’n verskeie siektetoestande. Kykers ervaar die Washkansky-familie se magtelose soeke na hoop en ’n hartskenker om vir Louis ’n tweede kans te gee op die lewe.

Die Darvall’s is ’n gelukkige gesin van vier, wat se paaie per ongeluk met die van die Washkansky’s kruis as ’n motor vir Myrtle Darvall (vertolk deur Corine Broomberg) en haar dogter Denise (Caitlin Kilburn) raak ry terwyl hulle slegs ’n paar blokke van die hospitaal oor die pad gestap het. Hartverskeurende tonele vertel, nie net van hoe ’n gelukkige gesin verwoes word nie, maar ook hoe Denise Darvall (25) later Louis Washkansky (53) se kans op ’n nuwe lewe is.

Kyk die video hier onder:

Chris Barnard, as mens en dokter, asook sy broer en die mediese span, vorm ’n sentrale deel van die film. Die spanning tussen dokters om nie net ’n lewe te red nie, maar om ook die eerste hart oor te plant, die etiese waardes wat daarmee gepaard gaan, hartseer, hoop, dood en lewe beloof om kykers vasgenael te hou as die verhaal van die eerste hartoorplanting vertel word.

Deon Opperman, skrywer van Hartstog, deel sy ervaring met die skryf van Hartstog as volg:

“Dit was vir my ’n enorme voorreg en ’n uiters ontroerende proses om die merkwaardige gebeure in die 24 uur rondom professor Chris Barnard en sy span se eerste hartoorplanting tot ’n draaiboek te verwerk.

“Voor ek begin het was my kennis van die gebeure, soos die meeste, beperk tot ‘Chris Barnard het die eerste hartoorplanting gedoen’. En dit was basies dit. Maar soos my navorsing gevorder het, het die volle drama en merkwaardigheid van alles wat in daardie 24 uur gebeur het my verstom, en ook diep ontroer.

“Vandaar die titel wat ek vir die draaiboek gekies het – Hartstog – want Chris Barnard en sy span, en Edward Darvall wat ingestem het om sy dogter Denise Darvall se hart te skenk, en Louis Washkansky wat die hart ontvang het, asook Louis se vrou, was almal saam op ’n ongelooflike tog waarvan die heilige graal die eerste oorplanting van ’n hart van een mens na ’n ander was.

“Die oorplanting het die wêreld verander. Die verwerking van hulle hartstog tot draaiboek het my verander.”

Kyk die video hier onder:

Die rolverdeling sluit in:

Chris Barnard – Carel Nel
Aletta Barnard – Quinne Brown
Dr Marius Barnard – Jacques Bessenger
Dr Bosman – Drikus Volschenk
Dr Coert Venter – Stiaan SMith
Suster Papendick – Franci Swanepoel
Louis Washkansky – Russel Savadier
Ann Washkansky – Camila Waldman
Ann Taibal – Tiffany Barbuzano
Edward Darvall – David Sherwood
Myrtle Darvall – Corine Broomberg
Denise Darvall – Caitlin Kilburn
Dr Rose-Ines – Anthony Coleman

Hier is ’n kykie agter die skerms:

Hartstog saai op 3 Desember 2017 om 20:00, presies 50 jaar na die eerste hartsoorplanting, uit op kykNET, DStv-kanaal 144. Herhalings word uitgesaai op 4 Desember om 08:30, 5 Desember om 10:30, 7 Desember om 15:00 en 8 Desember om 10:00.