Wen met Leef Jou Reis!

Neem deel aan ons weeklikse kompetisie.

Antwoord elke week ’n vraag op ons webwerf en staan die kans om ’n vakansie ter waarde van R218 000 los te slaan.

Wat is op die spel:
’n Vakansie ter waarde van R218 000.

Die prys sluit die volgende in: ’n Réunion Island Adventure-vakansie vir sewe nagte, ’n vakansie vir vier persone vir 14 nagte na Namibië, ’n Deluxe Wild Earth-daktent, Ferrari Racing Experience, ’n Liqui-Moly-geskenkpak, ’n luukse treinreis op die Premier Classe en twee nagte op die Zambesi Queen.

1. Réunion Island Adventure-vakansie: Sewe nagte vir twee persone wat deel.

Die prys sluit in:
•    Twee retoerkaartjies op ekonomiese klas van Johannesburg na Réunion op Air Austral (alle belasting ingesluit).
•    Twee retoerkaartjies op ekonomiese klas, alle belasting ingesluit, van enige hoofsentra in Suid-Afrika na Johannesburg indien nodig.
•    Vervoer op Réunion van die lughawe na die hotel en terug.
•    Sewe nagte se akkomodasie vir twee persone wat deel by die Villa De Lisle Hotel & Spa.
•    Ontbyt daagliks (middag- en aandete word nie ingesluit nie).
•    Motorhuur vir een week (‘n Deposito van ongeveer 800 Euro sal van die kliënt se kredietkaart deur die motorverhuringsmaatskappy verhaal word. Hierdie deposito sal terugbetaal word indien die motor veilig terugbesorg word. Die bestuurder moet ‘n internasionale bestuurslisensie hê.)
•    Die prys is beskikbaar vir die volgende periodes en is onderhewig aan beskikbaarheid:
Julie tot September 2018
Januarie tot September 2019

2. ’n Vakansie na Namibië vir vier persone vir 14 nagte
•    Die wenner van die prys is verantwoordelik vir hul eie vervoer na en van hul gekose Godwana Collection Lodge in Namibië. Die prys sluit ontbyt tydens verblyf in.

3. Premier Classe luukse treinreis vir twee persone tussen Johannesburg en Kaapstad of Kaapstad en Johannesburg

Die prys sluit in:
•    Toegang tot die Premier Classe-ontvangsarea voor vetrek (Johannesburg- of Kaapstadstasie).
•    Vonkelwyn en versnaperinge sal in die sitkamer op die trein bedien word wanneer gaste arriveer.
•    Beddegoed en alle maaltye, koeldranke, tee en koffie tydens die treinreis.
•    Koek en tee in die middag.
•    Een bottel wyn van die gaste se keuse tydens aandete.
•    Een nag se akkomodasie op die trein (treinrit is ongeveer 26 uur).

4. Twee nagte vir twee persone op die Zambesi Queen
•    Die prys sluit alles (verblyf en etes) in, behalwe premium-drankies wat vir die gas se eie rekening is
•    Vervoer van en na die Kasane-lughawe asook alle safari-uitstappies

5.    ’n Deluxe Wild Earth-daktent.

6.    ’n Ferrari Racing Experience en ‘n Liqui-Moly-geskenkpak.

Inskrywingsmetode:
Kyk elke Woensdagaand 20:30 Leef Jou Reis met Gerrie Pretorius en antwoord ’n vraag op die kykNET-webwerf om in aanmerking te kom vir die prys.

Inskrywingstydperk:
Vanaf Woensdag 11 April 2018 om 20:30 tot 11 Julie 2018 om 14:00.

Wie kwalifiseer om deel te neem:
Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.

Ander reëls:

  • Die wenner word deur ’n onafhanklike maatskappy aangewys.
  • Die wenner sal via e-pos in kennis gestel word en daarna op kykNET se webblad aangekondig word.
  • Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
  • Die prys moet binne 12 maande van ontvangs gebruik word.
  • Daar is geen limiet op inskrywings nie.
  • Die prys kan nie vir geld verruil word nie.
  • Die kompetisie is net oop vir DStv-intekenaars.

Wenner:

Baie geluk aan ons wenner: Berendina Bals!