Wen met Leef jou Reis

Een Leef jou Reis-kyker staan die kans om ongelooflike pryse te wen!

Een Leef jou Reis-kyker staan die kans om ongelooflike pryse te wen!

Kyk elke Maandag om 21:00 die Leef jou Reis-episode, beantwoord ’n eenvoudige vraag en jy kan die gelukkige wenner wees wat, onder meer, ’n Réunion-eiland-avontuurvakansie, ’n Namibiese vakansie vir vier mense vir 14 nagte en ’n luukse treinrit vir twee mense wen.

Baie geluk aan die wenner van dié ongelooflike pryse: Brenda du Pisanie!

Inskrywingsmetode:

Kyk Leef jou Reis Maandae om 21:00 en beantwoord ’n eenvoudige vraag.

Inskrywingstydperk:

Die kompetisie open Maandag 10 April en eindig 11 Julie.

Prys:

Een kyker sal die volgende wen:

’n Réunion-eiland-avontuurvakansie vir sewe nagte

’n Sewe-nag-pakket vir twee mense wat deel. Die volgende is ingesluit in die prys:

+ Twee retoerkaartjies in ekonomiese klas van Johannesburg na Réunion op Air Austral (alle belasting ingesluit).

+ Twee retoerkaartjies in ekonomiese klas (indien die wenner van enige ander hoofarea in Suid-Afrika moet reis – alle belasting ingesluit).

+ Vervoer van en na die lughawe (slegs in groot stede in Suid-Afrika).

+ Vervoer van die lughawe na die hotel op die Réunion-eiland.

+ Sewe nagte verbly vir twee mense wat deel by die vyfster Lux-hotel.

+ Daaglikse ontbyt (middagete en aandete is nie ingesluit nie).

+ ’n Huurmotor vir een week (’n deposito van ongeveer 800 euros sal deur die huurmaatskappy op die wenner se kredietkaart gehef word. Die deposito sal terug gegee word wanneer die motor veilig terug besorg word. Die bestuurder moet ’n geldige internasionale bestuurslisensie hê.

+ Die TIC-reisversekeringsbeleid vereis dat die prys slegs gebruik kan word gedurende die volgende tydperke (onderhewig aan beskikbaarheid):

– 18 Julie tot 18 Augustus 2017

– 15 tot 29 Oktober 2017

– 20 Desember 2017 tot 28 Januarie 2018

– 11 – 25 Maart 2018

’n Namibiese vakansie vir vier mense vir 14 nagte

Die volgende word by die prys ingesluit:

+ Ontbyt by die Gondwana Collection Lodge

+ Die wenner en sy metgeselle is verantwoordelik vir hul eie vervoer van en na die Gondwana Collection Lodge in Namibië.

 ’n Deluxe Wildearth-daktent

’n Ferrari wedrenondervinding

’n Liqui-Moly-geskenkpak

’n Luukse treinrit vir twee mense

Die wenner kan kies of hy/sy van Johannesburg na Kaapstad of van Kaapstad na Johannesburg wil ry.

Die prys sluit die volgende in:

+ Verversings in die Premier Classe-ontvangsarea voor vertrek (Johannesburg- of Kaapstad-stasie).

+ Sjampagne en verversings sal in die trein bedien word sodra gaste arriveer.

+ Beddegoed en alle maaltye, koeldranke, tee en koffie tydens die treinrit.

+ Koek en tee in die middag.

+ ’n Bottel wyn van jul keuse tydens aandete.

+ Een nag verblyf op die trein (die treinrit is ongeveer 26 uur).

Wie kwalifiseer om deel te neem:

Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.

Ander reëls:

– Die wenner moet ’n geldige paspoort hê.

– Die prys mag nie ingeruil word vir kontant nie.

– Die wenner sal telefonies in kennis gestel word voor 20 Julie en daarna sal die wenner op die kykNET-webwerf aangekondig word.

– Kykers kan soveel keer as wat hulle wil inskryf.