Logo

Drie gelukkige kykers staan die kans om ‘n naweek by ’n Forever Resort van hulle keuse te wen.

Akskaal Billboard

Wen met Afskaal

 

Skryf in vir die kans om ’n naweekbreek te wen.

Die vraag:

Watter hotelgroep het meer as 20 bestemmings in Suid-Afrika en bied vanjaar drie gelukkige Afskaal kykers die kans om gratis vir ’n naweek weg te breek?

Hoe om in te skryf:

Kyk Afskaal Donderdae om 17:30 op kykNET en 21:00 op kykNET&kie en beantwoord die eenvoudige vraag.

Inskrywingstydperk:

Donderdag 17 Oktober 17:30 tot 19 Desember 12:00. Drie gelukkige wenners sal na afloop van die seisoen aangekondig word.

Prys:

Drie kykers staan die kans om elkeen ’n naweek by ’n Forever Resort oord of hotel van haar/sy keuse ter waarde van R10 000 elk te wen.

Wie kwalifiseer om deel te neem:

Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.

Ander reëls:

Die wenner sal via e-pos in kennis gestel word en daarna op kykNET se webblad aangekondig word.

Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die verbruikersbeskermingwet.

Lees en neem asseblief kennis van die volgende bindende bepalings en voorwaardes:

  • Die prys met die totale waarde van R10 000.00 sluit BTW in en kan slegs by drie-ster Forever eiendomme gebruik word.
  • As die aangekondigde wenners binne 31 dae nie kontak gemaak het nie, mag alternatiewe wenners gekies word.
  • Die wenners sal hul prys in die vorm van ‘n koepon ontvang.
  • Die prys is onderworpe aan beskikbaarheid, seisoen, die soort akkommodasie, tariefstygings en die hoeveelheid gaste. Hierdie koepon is nie oordraagbaar nie en geen terugbetaling is moontlik nie.
  • Die prys moet gebruik word binne een jaar vanaf die datum waarop dit uitgereik is – dit sluit bespreking en akkommodasie in.
  • Die prys se vervaldatum kan nie uitgestel of verleng word nie.
  • Die prys kan nie vir kontant ingeruil word nie en sluit in: akkommodasie, ontbyt, middagete, aandete en aktiwiteite wat by die eiendom van keuse beskikbaar is. Alle ekstras (alkoholiese drankies en etes buiten standaardontbyt, -middagete en -aandete) is vir die koeponhouer se eie rekening.
  • Die prys is slegs geldig indien die oorspronklike koepon met aankoms ingegee word by die ontvangstoonbank van die gekose drie-ster- Forever Property.
  • Akkommodasie sluit nie skoolvakansies, piekseisoen en langnaweke in nie. As die volle waarde van die koepon nie vir die bespreking en gepaardgaande verblyf gebruik word nie, verval die oorblywende fondse.
  • Die prys sluit nie reiskoste na en van die bespreekte Forever eiendom in nie. Met die prys moet verblyf ten minste sewe werksdae voor die gewenste aankomsdatum bespreek word.
  • Slegs een koepon kan per bespreking per eiendom op ’n slag gebruik word.
  • As die volle waarde van die koepon nie vir die bespreking en gepaardgaande verblyf gebruik word nie, verval die oorblywende fondse. 

Wenners:

  • Chané Fourie
  • Sanja Oosthuizen
  • Natasha Mepomie