Logo

Nou is jou kans vir verandering!

1

Skryf in vir Mooimaak 3!

Sukkel jy met enige van hierdie voorkomsprobleme: pigmentasie, fyn lyne of plooie, sakke onder die oë of donker sirkels, littekens, volumeverlies in jou vel of lippe, ‘n tandvleisglimlag of skewe tande?

Dan het Clare Wiese-Wentzel en haar wêreldklas mooimaakspan net die antwoord vir jou!

Clare en haar span neem gelukkige deelnemers op ’n baanbrekers-skoonheidsavontuur met die nuutste, nie-indringende kosmetiese prosedures wat botoks, vullers, karboksieterapie, laserterapie, chemiese afskilfering, radiofrekwensie en “thread lifting” insluit. Daarby voeg ons kosmetiese tandheelkunde in die vorm van glimlag-transformasies. Hieronder tel blyking, kosmetiese binding, keramiekvenere, krone, bruggies en luminere. Alle behandelings sal deur professionele medici gedoen word, naamlik die dokters van LASERDERM en JJS DENTISTRY. Elke deelnemer sal ook ’n splinternuwe uitrusting, haarstyl en ‘n grimering-oormaaksessie ontvang.

Kom kry ‘n radikale voorkoms-transformasie, ter waarde van duisende Rande, en verander jou lewe!

Skryf nou in om deel te wees van hierdie opwindende werklikheidsreeks. Inskrywings sluit op 20 Februarie 2020.