Op die Spel: Wen R10 000

Skryf in vir ons Op die Spel-kompetisie!

Voltooi elke week vir 10 weke lank die aanlyn toets. Een gelukkige kyker kan aan die einde van die derde seisoen van Op die Spel R10 000 losslaan!

Inskrywingsmetode:

Kyk Op die Spel, oefen met die volledige spellyste op Afrikaans.com en kies die regte spelling van elke woord.

Inskrywingstydperk:

Elke Woensdag om 20:00 tot Dinsdag om 12:00.

Prys:

R10 000 kontant.

Wie kwalifiseer om deel te neem:

Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.

Ander reëls:

– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.

– Jy moet 100% vir ’n ronde kry om deur te dring na die finale trekking.

– Die kompetisie vind oor 10 weke plaas, en die wenner word ná die finale episode van Op die Spel 3 aangekondig.