Ons wil graag van jou hoor!

Is jy ’n getroue kykNET Digityd-leser? Dan wil ons van jou hoor.

Dit is vir kykNET altyd belangrik om interaksie met ons kyker te hê op ander platforms. Die terugvoer op ons gedrukte kykNET Digityd-tydskrif in Rapport was baie goed en ons het geweet ons is op die regte pad.

kykNET se drie kanale (kykNET, kykNET&kie, kykNET NOU!) is egter ook deel van die DStv-familie, en die volgende stap was natuurlik om die kykNET Digityd deel van die DStv-tydskrif te maak. En hier is dit nou – die splinternuwe DStv kykNET Digityd met alles wat vir die Afrikaanse kyker belangrik is. Nie net alles waaraan jy in die kykNET Digityd gewoond was nie, maar ook sport, volledige skedules en hoogtepunte van die ander kanale.

Kry die jongste uitgawe hier.

Nou wil ons weet: is ons steeds op die regte pad? Vul asseblief die volgende vraelys in en laat ons weet wat jy dink. Ons luister graag!