Kry Daai Lyf: Wen ’n Yamaha X-Max 300

Skryf elke week in vir Kry Daai Lyf en Yamaha se opwindende kompetisie!

Een gelukkige Kry Daai Lyf-kyker kan ’n Yamaha X-Max 300 ter waarde van byna R70 000 aan die einde van seisoen 2 losslaan. Daar is egter ook ’n weeklikse prys op die spel!

Kom raak fiks, verloor gewig en knap jou spiere op saam met Linda Kriel, elke Maandag om 17:30! Al wat jy moet doen is om ’n vraag uit elk van die 13 episodes korrek te beantwoord!

Inskrywingsmetode:

  • Kyk Kry Daai Lyf met Linda Kriel op DStv-kanaal 144, Maandae om 17:30 (of enige van die heruitsendings gedurende dieselfde week), en beantwoord ’n vraag uit elke episode.
  • Inskrywings vind plaas op die kykNET-webblad na afloop van die episode.

Inskrywingstydperk:

Skryf in tussen 1 Januarie 2018 en 30 Maart 2018. Jy kan vir 13 weke (daar is 13 episodes in totaal) elke week inskryf. Elke week se kompetisie open Maandag om 18:00 en sluit die volgende Sondag om 12:00.

Prys:

  • Vir 13 weke sal daar een gelukkige wenner per week wees wat ’n Yamaha-geskenkpak ter waarde van R1000 losslaan.
  • Dié 13 wenners sal dan die finaliste wees vir die GROOT PRYS – die Yamaha X-Max 300 ter waarde van byna R70 000 – wat op 31 Maart 2018 getrek sal word.
  • Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word en ook op kykNET se webblad aangekondig word.

Wie kwalifiseer om deel te neem:

Enige persoon woonagtig in Suid-Afrika – ouer as 18 – kan inskryf.

Ander reëls:

  • Die wenner van die Yamaha-geskenkpak sal weekliks op die kykNET-webblad aangekondig word en ook per e-pos in kennis gestel word.
  • Die wenner van die Yamaha X-Max 300 sal na 31 Maart 2018 per e-pos en op die kykNET-webblad in kennis gestel word.
  • Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
  • Die wenners word deur ’n onafhanklike maatskappy aangewys.
  • Die vraag elke week gaan wees: “Wat is Linda Kriel se gesondheidswenk hierdie week?”
  • Werknemers van kykNET, Yamaha, USN en die produksiespan van Kry Daai Lyf (en hul familielede) mag nie deelneem nie.

Wenners:

Baie geluk aan ons wenners!

  • Week 1 se wenner is Cecilia Wynne-Griffith.
  • Week 2 se wenner is Alfis Mace.
  • Week 3 se wenner is Charlotte Pretorius.
  • Week 4 se wenner is Chané Gouws.
  • Week 5 se wenner is Elmarie Bishop.
  • Week 6 se wenner is Stanette Blignaut.