Boer Soek ’n Vrou 11: Skryf nou in!

Ons nooi hiermee alle ongetroude belangstellendes om deel te neem aan Boer Soek ’n Vrou se elfde seisoen.

Ná die sukses van die vorige seisoene van Boer Soek ’n Vrou, maak ons nou weer so! Ons nooi hiermee alle ongetroude belangstellende uit om deel te neem aan Boer Soek ’n Vrou 11.

kykNET het 10 ongetroude, energieke en ondernemende boere gekies om deel te wees van die 11de seisoen van Boer Soek ’n Vrou. Kyk of een van hulle dalk jou oog vang!

Jy kan op die volgende maniere inskryf: 

  • Jy kan aanlyn inskryf hieronder. 
  • Jy kan die inskrywingsvorm hier aflaai om ’n pakkie of brief per koerier te stuur. 
  • Jy kan jou volledige inskrywingsvorm en brief e-pos aan boer@marche.media

Koerier adres is: 
“Boer Soek n Vrou 11”,
Coronation Laan 11,
SOMERSET-WES,
7130  

OF 

PostNet 211,
Privaatsak X15,
SOMERSET-WES,
7129 

Kontak KAYLIE by Marche Media indien jy enige verdere inligting nodig het by: 079 335 5137, of stuur ’n e-pos na boer@marche.media

Boer Soek ’n Vrou 11 sal bestaan uit 13 episodes van een uur lank elk, voorafgegaan deur insetsels wat op kykNET uitgesaai sal word wat die boere bekendstel sodat hulle potensiële metgeselle kan werf.

Jy moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees teen 14 Mei 2018. Indien jy geskei of ’n weduwee is, moet ’n afskrif van die skeidokument of sterftebewys aangeheg word. Vorms wat nie onderteken is nie, of wat geen foto’s of ID-dokumente of briewe insluit nie, sal nie oorweeg word nie. Jy mag net vir een boer inskryf.

Jy word ook gevra om ’n brief aan te heg wat jy aan die boer van jou keuse geskryf het. Vertel daarin watter eienskappe jy soek in jou ideale man/vrou en gee ’n kort beskrywing van wie jy is (lewenskets) en waarvan jy hou (manier van lewe en stokperdjies). Gee ook ’n kort beskrywing van jou ideale romantiese afspraak. As jy ’n mooi liefdesbrief skryf, gaan dit meer gewig dra by die boer van jou keuse. Alle briewe wat ontvang word, sal deur die vervaardigers aan die boere oorhandig word.

Indien jou aansoek suksesvol is, sal ons jou voor 14 Mei 2018 telefonies kontak. 

Aangesien Boer Soek ’n Vrou 11 ’n werklikheidsreeks is, sal die gekose deelnemers hulself beskikbaar moet stel vir opnames op die boer se plaas (wat ’n week mag duur) wanneer dit die vervaardigers se skedule pas en hulle sal van tyd tot tyd bereid moet wees om vir opnames (wat ’n paar dae mag duur) weg van die huis af te reis. Opnames word in Kaapstad beplan om verskeie afsprake af te neem wat jy met die boer van jou keuse moet nakom.