Boer Soek ’n Vrou 11: Boere, skryf in!

Ons nooi hiermee alle ongetroude boere om deel te neem aan seisoen 11 van dié gewilde reeks.

Woon en werk jy op ’n plaas? Is jy ongetroud en op soek na jou ideale maat? Skuif nader en wees dapper, want kykNET maak hulself reg vir die 11de seisoen van Boer Soek ’n Vrou!

Ons is op soek na energieke en ondernemende boere van ALLE ouderdomme wat kans sien om dalk die liefde van hul lewe te ontmoet! Skryf nóú in om deel te wees van hierdie gewilde reeks. Manlike én vroulike boere is welkom om in te skryf. Vat ’n kans – jy kan dalk net jou hart verloor!

Hoe werk die inskrywings?

  • Jy kan óf aanlyn inskryf (vul die vorm hier onder in en heg al die nodige dokumente aan), óf jy kan die inskrywingsvorm HIER AFLAAI en saam met die nodige inligting per e-pos, pos of koerier stuur (die adresse vir pos of koerier is op die inskrywingsvorm aangedui).
  • Inskrywings moet ons VOOR MIDDERNAG OP 9 FEBRUARIE 2018 BEREIK. Laat aansoeke sal nie oorweeg word nie.
  • Indien jy een van die 10 gekose boere is, sal ons jou voor 8 MAART 2018 telefonies in kennis stel.
  • Jy moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees om in te skryf.
  • Vorms wat geen foto’s of ID-dokumente en ander aangevraagde dokumente insluit nie, sal nie oorweeg word nie.

Navrae

  • Kontak vir Verene of Elmarie by Lion’s Head Productions indien jy enige verdere inligting benodig by 079 335 5137, of stuur ’n e-pos na boer@marche.media.

Meer oor die reeks

  • “Boer Soek ’n Vrou 11” sal bestaan uit 14 episodes van een uur lank elk, voorafgegaan deur promosie-insetsels wat eers die boere en dan die potensiële metgeselle werf.
  • Die televisiereeks sal uiteindelik die wel en weë van 10 enkellopende boere volg in hul soeke na liefde.
  • Aangesien “Boer Soek ’n Vrou” ’n werklikheidsreeks is, sal die gekose boere hulself beskikbaar moet stel vir opnames op die plaas wanneer dit die vervaardigers se skedule pas en hulle sal van tyd tot tyd bereid moet wees om vir opnames (wat ’n paar dae mag duur) weg van die plaas af te reis.