Logo

Boer Soek ’n Vrou: ’n Seisoen om te onthou

Nuus
25 Januarie 2018
Hier is tien sêgoed wat ekstra kleur en geur aan seisoen 10 van die gewilde realiteitsreeks verleen het.
BSV_Seisoen 10

FOTO: Donna Lewis


Elke Boer Soek ’n Vrou-seisoen is propvol pittige sêgoed, liefdespyle en selfs ’n traan of twee wat oor die wange rol. Ons het gaan kyk na tien sêgoed wat ons gaan bybly.

Skryf hier in vir die 11de seisoen van Boer Soek ’n Vrou 

“Ek is ’n sucker vir ’n koekie.” – Braam



“Ek sal virseker vir jou die wortelkoek kom bak op die plaas.” – Marinda

“Ek is ongelukkig hier op die kliprante geplant, maar ek probeer die mooiste blom wees.”  – Jacques



“Kyk hoe smile ek – ek kan nie ophou lag nie; my wange pyn!” – Adriaan

“Ek het ’n vermoede ek en Adriaan voel dieselfde oor mekaar.” – Helene

“My ma het gesê ek moet nooit ’n man in die somer kry nie, want ek het nie mooi voete nie – en nou moet my voete nog hier voor almal gewys ook word!" – Marica

 

“Dalk kan ons ’n bietjie werk aan die spark.” - Bianca

"Ek was nie lus daarvoor om vanoggend die visse te voer nie." - Johan

 

“Hulle sê altyd hierso’s die wêreld so plat, as jou vrou wegloop, kan jy darem nog vir drie dae vir haar síén loop!” – Jacques

“Ek voel rêrig soos ’n stout skoolkind wat iets ontdek het.” – Johan

Deel met ons jou gunsteling-Boer Soek ’n Vrou oomblik van seisoen 10 deur die #BoerSoeknVrou of #GroterBeterBoer-hutstekens te gebruik. Volg ons op FacebookTwitter en Instagram, en gesels saam.