Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13
Eben

Eben

“Ek is ’n doodgewone Eben. Almal ken my as ’n passievolle boer, opregte vriend en huismens wat almal met respek en deernis hanteer. Ons Hemelse Vader is my daaglikse kern, die persoon na wie ek opkyk en weet ons onlosmaaklik afhanklik van is.”

Klik op ‘LEES MEER’ indien jy belangstel in Eben.

OUDERDOM: 29
KINDERS: Geen
KWALIFIKASIE: Diploma Wildplaasbestuur
BOERDERY: Wild
AREA: Dwaalboom, Limpopo
HUISTAAL: Afrikaans
HUWELIKSTATUS: Ongetroud
LENGTE: 1.83 m
BOER/BESTUURDER: Boer

OPSOEK NA:
Iemand met ’n liefdevolle, minsame hart. Iemand met ’n liefde vir ons Hemelse Vader. Iemand met ’n groot liefde vir die natuur en die plaaslewe, familie, vriende en natuurlik my! Verder moet sy haarself kan besig hou met haar eie stokperdjies of voorliefdes óf om vir ons lekker kos voor te berei.

LEWENSSKETS EN BELANGSTELLINGS:
Ek is ’n doodgewone Eben. Almal ken my as ’n passievolle boer, opregte vriend en huismens wat almal met respek en deernis hanteer. Ons Hemelse Vader is my daaglikse kern, die persoon na wie ek opkyk en weet ons onlosmaaklik afhanklik van is.

My famillie is baie kosbaar vir my en het ’n baie spesiale plek in my lewe.

As skolier het ek alle sport beoefen, maar nou is ek ’n kranige ondersteuner op die rusbank. Totdat ek die liefde in my lewe ontmoet het, is die natuur en boerdery my passie en ontvlugting. Ek speel ook baie gereeld gholf.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:
Dat ons persoonlike verhouding eerste kom en dat ek stelselmatig sal moet afstand doen van ’n passievolle en verslawende perfekte plaas bestuur.

BESTE EIENSKAPPE:
Ondersteunende omgee. Commitment tot op die hoogste vlak. Getrouheid en ’n liefdevolle hart– seker die mees belangrikste.

SLEGSTE EIENSKAPPE:
Perfeksionisme, gereserveerd, effe besitlik.

IS DIÉ BOER ROMANTIES EN DIE IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK:
Ja én nee. Ek sal haar nou nie elke aand met arbeie en room bederf nie, maar op ’n gepaste geleentheid bederf met ’n romantiese ete onder die maanlig en sterre om haar spesiaal te laat voel.

HET EBEN JOU HARTSNARE GEROER? SKRYF DAN VIR HOM ’N BRIEF!

Boer Soek ’n Vrou: Minki en seisoen 10 se boere

1 van 10