Logo

Wafel-braaibroodjies

06 Januarie

Braai

Twee wêrelde wat mekaar ontmoet... 

Wafel-braaibroodjie
Bestanddele

Vir die wafels:

2 k koekmeel

½ sopie bakpoeier

½ k suiker

2 eiers

1 k melk

2 sopies botter, gesmelt

300 g cheddar kaas, gerasper

½ k goue stroop

Metode

Meng die meel, bakpoeier en suiker saam.

Meng die eiers, melk en botter saam en voeg by die droë bestanddele, meng goed.

Sit jou wafel masjien aan laat dit warm word en spuit met kleefwerende kos-sproei. Gooi die deeg in die wafel-masjien en bak tot gaar en bros.

Plaas stroop en kaas bo op die wafel en bedek met nog ʼn wafel. Braai dit in jou toeklap-rooster, presies soos jy sou met jou braai broodjies, en draai hulle gereeld tot die kaas gesmelt is en hulle bros aan die buitekant.

Varklies Burger
Jan Braai
2020-01-03

Varklies Burger

Gewildste Resepte