Logo

Vinkel-en-vy-tert

15 Augustus

Gebak

3

Dié heerlike tert is tydens ’n episode van Edik van Nantes – Winter voorberei. 

EVN_6
Bestanddele

1 rol gevriesde tertdeeg (of 230g tuisgemaakte deeg, ontvries en uitgerol)

250g vars vinkelbol (gekap)

200g gedroogde vye (gekap)

2 appels (in blokkies gesny)

30 g vanielje-suiker

50 g botter

Metode

1. Verhit botter in ’n pan, voeg vinkel en vye by, braai 6 minute.
2. Voeg appels en 15g suiker by en braai vir 4 minute.
3. Gooi die mengsel in ’n tertbak en besprinkel met res van die suiker.
4. Plaas deeg bo-op, versëel die kante en maak klein gaatjie in die middel.
5. Bak 35 minute teen 180˚C.
6. Laat afkoel en dop om op opdienbord.
7. Bedien met roomys.

Edik-van-Nantes-0
Edik van Nantes Kie About
18 July 2018

Feëkoekies