Logo

Tuna-en-kamossel-tartare

27 Desember

4 porsies

Seekos

4

Tydens ’n uitsending van Edik van Nantes 3 is dié heerlike tuna-en-kamossel-tartare voorberei. 

EVN_Episode 13
Bestanddele

250 g rooi tuna (vars, in 1-2 cm blokkies gesny)

200 g kamossel (vars, in dun, plat skyfies gesny)

150 g kamossel (vars, in 1-2 cm blokkies gesny)

2 e sprietuie (fyngekap)

150 ml olyfolie

75 ml balsamiese room asyn (crema di balsamico) of balsamiese reduksie

viseiers

seesout

grofgemaalde swartpeper

Metode

Meng die olyfolie en balsamiese room asyn deeglik.
Plaas al die tuna en kamossel in ’n plat houer en bedek met die olyfolie mengsel.
Maak toe en plaas in die yskas vir twee ure.
Plaas die skyfies kamossel op die bodem van ’n opdienbord.
Meng die gekapte tuna en kamossel met die sprietuie en skep bo-op die skyfies kamossel.
Sprinkel met sout en peper.
Bedien met kaviaar of ander viseiers.

Edikvannantes3
Edik van Nantes Kie About
2017-11-01

Bruschetta met uie en swartbessies

Gewildste Resepte