Logo

Trix Vivier se somermielies-en-groentepakkies

19 April

Vegetaries

4

Trix Vivier het tydens ’n episode van Kampkos dié heerlike gereg voorberei. 

Kampkos_Trix Vivier
Bestanddele

brokkoli

1 soetrissie

1 pakkie sampioene

1 ui (pers of rooi)

5 knoffelhuisies

roosmaryn

4 mielies

koljander

paprika

2 lemmetjies

2 e mayonnaise

250 ml bulgaarse joghurt

1 suurlemoen

olyfolie

Metode

Somermielies

Metode:
1. Begin deur die afgeskilde mielies liggies met olyf olie te verf sodat die hele mielie bedek is.
2. Braai die mielies vir ongeveer 15 tot 20 minute. Onthou om die mielies gedurig te draai sodat al die kante gebraai word.
3. Sodra die mielies goed gebraai is en besig om aftekoel, druk die lemmetjies se sap oor die mielies uit, bedek met die paprika poeier en garneer met die koljander blare.

Groentepakkies

Metode:
1. Begin deur reghoekige stukke foelie ligtelik in die middel met olyf olie te verf.
2. Begin deur die groente netjies in die middel van die pakkie te pak. Wees so kreatief as moontlik met die groente, maar moet nie sekere dele afskeep nie. Die groentepakkie bestaan uit: broccoli, sampioene, groot stukke soetrissie, ‘n hele knoffelhuisie, kwart stukke uie, roosmaryn en sout en peper na smaak.
3. Neem die vier hoeke van die foelie na mekaar en vou die oop punte in sodat die pakkie goed geseël is.
4. Plaas die pakkies op die vuur vir ongeveer 30 minute.

Sous

Metode:
1. Meng die jogurt en mayonnaise en roer goed. (Afmetings is afhangend van smaak.)
2. Voeg suurlemoensap by en roer deeglik.
3. Sout en peper na smaak.
4. Roer deeglik.

KampKos_OntbytPan
Kampkos Logo
2018-04-12

Leah se ontbytpan