Logo

Terrine De Campagne

0

Gebak

4

Tydens ’n episode van Tyd met Aleit is dié heerlike Terrine de Campagne voorberei. Kry die resep.

Tyd met Aleit - Portchie-41
Bestanddele

30 snye pancetta

250 g gerookte strepiesspek gesny in 3 cm-blokkies

250 g varkskouer ontbeen en gesny in 3 cm-blokkies

250 g varkpensie ontbeen en gesny in 3 cm-blokkies

300 g varklewer gesny in 3 cm-blokkies

1 eier organies

6 knippies sout

3 knippies swartpeper varsgemaal

4 jenewerbessies fyngedruk

2 knippies five spice

1/2 t tiemieblare fyngekap

1 lourierblaar

50 g witwyn gekoop vir sowat 30 tot 40 sekondes

2 e brandewyn

20 g pistasieneute alternatief: haselneute

Metode

Voorbereiding van die vleis:

  1. Voorverhit die oond teen 160 ºC. Verwerk die varkskouer vir 20 tot 30 sekondes in ‘n voedselverwerker tot growwe maalvleistekstuur.
  2. Skep die vleis uit die verwerker na ‘n groot mengbak. Doen presies dieselfde met die varkpensie, die spek en die varklewer, tot al die vleise gemeng is.
  3. Voeg dan die res van die bestanddele by: die eier, sout, peper, jenewerbessies, five spice, tiemie, witwyn, brandewyn en neute. Meng goed saam.

Voorbereiding van die terrien:

  1. Bedek die binnekant van die terrienvorm (23cm x 9cm x 8cm) met kleefplastiek, gevolg deur die 30 snye pancetta.
  2. Skep die vleismengsel in die vorm in. Druk die vleis met die kant van ‘n lepel netjies in die terrien in.
  3. Kap die terrien ‘n paar keer liggies om te verseker dat daar geen lugborrels oorbly nie en dat die vleis kompak is.
  4. Plaas ‘n loerierblaar en ‘n paar takkies tiemie bo-op die mengsel wanneer gereed.

Metode:

  1. Bedek die terrien losweg met ‘n stuk gebotterde papier, plaas dan die terrien in ‘n dieperige bakplaat en gooi kookwater by totdat dit 2/3 van die terrien se hoogte bereik.
  2. Kook dan in die voorverhitte oond vir 1 uur en 15 minute. Die binnekant van die terrien moet tussen 65 en 70 ºC wees indien jy ‘n termometer het om te meet.
  3. Verwyder die terrien vanuit die oond en laat dit afkoel vir 2 ure. Sodra dit afgekoel het, bedek dit weer met kleefplastiek en laat dit rus in die yskas vir 2 dae – sodoende raak die geure ryker en meer intens.
Tyd met Aleit
Pampoenpoffertjies
2017-04-05

Pampoenpoffertjies

Gewildste Resepte