Logo

Spinasie-gereg met bone

14 November

4 – 6 porsies

4

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, die resep voorgesit. Dié gereg is aangepas uit Cooking from the heart  en is ideaal vir die kosblik. Foto: Heleen Meyer

Groot Ontbyt_Spinasiegereg met bone
Bestanddele

30 ml avokado- of olyfolie

1 rooi soetrissie (in repies gesny)

200 g kersietamaties (gehalveer)

410 g botterbone (gedreineer)

45 ml balsamiese asyn

6 - 8 spinasieblare (in repies gesny)

sout en swartpeper (na smaak)

1 skyf fetakaas (gekrummel)

30 ml pampoensaad

1 - 2 Nulaid-eiers (ekstra groot, hardgekook)

Metode

1. Verhit die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan (soos ’n AMC 28 cm Chef’s Pan). Soteer die soetrissie vir ’n paar minute of tot net sag. 
2. Roer die tamaties en bone by en soteer vir 1-2 minute of die tamatie se skilletjies net begin oopbars en die bone net warm is. Roer die balsamiese asyn by, verlaag die hitte en prut vir 1-2 minute.
3. Verwyder van die hitte en roer die spinasieblare deur. Geur met sout en peper.
4. Roer die feta deur en strooi pampoensaad oor. Sit warm of teen kamertempertuur as ’n ligte vegetariese ete of as ’n bygereg voor.
5. Vir ’n kosblik, laat heeltemal afkoel en pak met hardgekookte Nulaid eiers, in wiggies gesny. Eiers is heerlik met die groente en balsamiese geure.

GrootOnbyt_Kosblik
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-11-06

Appel-happies met grondboontjiebotter en rooi-nierbone-slaai

Gewildste Resepte