Logo

Slank: Volstruis-ghoelasj

31 Oktober

4 Porsies

Vir gewigsverlies

3

Dié volstruis-ghoelasj is in ’n episode van Slank voorberei. Kry die resep hier.

Slank-Volstruis-Ghoulash-1
Bestanddele

GM

120 g volstruis-ghoelasj

50 g groen soetrissie

45 g knopiesampioene

¼ knoffel

3 ml tamatiepuree

45 ml beesaftreksel

½ tiemie

knippie kruiesout

55 g tamaties

MN

200 g volstruis-ghoelasj

3 ml olyfolie

55 g groen soetrissie

45 g knopiesampioene

½ knoffel

5 ml tamatiepuree

70 ml beesaftreksel

1 tiemie

1 ml kruiesout

100 g tamaties

250 ml bruinrys

SB

100 g volstruis-ghoelasj

40 g vlapampoentjies

40 g murgpampoentjies

¼ knoffel

2 ml tamatiepuree

30 ml beesaftreksel

½ tiemie

knippie kruiesout

40 g tamaties

ST

150 g volstruis-ghoelasj

45 g groen soetrissie

35 g knopiesampioene

½ knoffel

5 ml tamatiepuree

60 ml beesaftreksel

1 tiemie

1 ml kruiesout

70 g tamaties

250 ml bruinrys

Metode

Indien jy die Slender Wonder-program volg moet jy die mates gebruik volgens jou fase. Indien jy nie op Slender Wonder is nie, gebruik die mates in die ST- of MN-kolom.

 

  1. Wend nie-kleefbare sproei aan 'n nie-kleefbare pan en verhit tot mediumhitte.
  2. Braai die volstruisblokkies (in olyfolie op MN).
  3. Verwyder die volstruisblokkies van hitte en sit eenkant. Hou die sous in die pan.

 

SB

  1. Plaas die vlapampoentjies, murgpampoentjies en knoffel in die pan en roerbraai vir 2 tot 3 minute.
  2.  Plaas die volstruisblokkies terug in die pan saam met die aftreksel, speserye, tiemie, tamatiepuree en gekapte tamaties.
  3. Bring tot kookpunt en prut vir 20 minute of totdat die volstruisblokkies sag is.

 

GM, ST en MN

  1. Plaas die sampioene in die pan, roerbraai vir 2 tot 3 minute en verwyder van pan. Skep die sous uit saam met die sampioene.
  2. Voeg die groen soetrissie en knoffel in die pan en roerbraai vir 2 to 3 minute.
  3. Voeg die volstruisblokkies terug in die pan saam die aftreksel, speserye, tiemie, tamatiepuree en gekapte tamaties.
  4. Bring tot kokpunt en prut vir 20 tot 30 minute totdat volstruisblokkies sag is.
  5. Roer die sampioene en sous by die vleis en kook verder vir 5 tot 10 minute.
  6. Bedien met bruinrys if volgraan pasta op ST en MN.

 


Groen soetrissie: ½ koppie gesny (125ml) = 55 g Knopiesampioene: 1 groot (40 mm deursnee x 30 mm) = 20 g Volstruisvleis is so te sê vet-vry, om 'n bietjie botter of olie op MN by te voeg is heeltemal aanvaarbaar wanneer jy dit braai. Enige ander wildsvleis mag gebruik word in die plek van volstrius, maar mag langer kooktyd vereis.

 

Vir meer resepte kan jy die Slender Wonder-resepteboek (volume 1 of 2) by 'n Slender Wonder-dokter koop of direk by ons hoofkantoor ([email protected]).

 

Toks-en-Tjops-Texan
Texas-steak met gemmerklapperrys en slaai
2016-10-29

Texas-steak met gemmerklapperrys en slaai

Gewildste Resepte