Logo

Marokkaanse vis met salsa-slaai

07 November

4 Porsies

Vir gewigsverlies

346553

Hierdie Marokkaanse vis met salsa-slaai is tydens ’n episode van Slank voorberei. Kry die resep hier.

Slank-Vis-en-Slaai-1
Bestanddele

SB

nie-kleefbare sproei

100 g witvisfilette

3 ml gemaalde koljander

3 ml gemaalde komyn

1 ml paprika

knippie rooipeper

knippie knoffelsout

5 ml suurlemoensap

120 g salsa

Metode

1 - Voorverhit oond tot 200 °C.

2 - Vee vis af met 'n effense nat lap.

3 - Meng die speserye, knoffelsout en suurlemoensap en vryf in vis in.

4 - Sproei nie-kleefbare sproei aan bakplaat en plaas vis daarop.

5 - Bak vir 15 tot 20 minute (afhangende van dikte) of tot gaar.

 

 

Vir meer resepte kan jy die Slender Wonder-resepteboek (volume 1 of 2) by 'n Slender Wonder-dokter koop of direk by ons hoofkantoor ([email protected]). Het jy geweet? Indien jy onseker is of die vis wat jy koop volhoubaar is, SMS die naam van die vis na 0794998795 en SASSI (the South African Sustainable Seafood Initiative) sal dadelik terugvoer gee.
 
 

 

 

 
Toks-en-Tjops-Prime-Rib-1
Stroperige prima-rib met bruinrys
2016-11-05

Stroperige prima-rib met bruinrys

Gewildste Resepte