Logo

Slank: Hoenderfilette met tuisgemaakte tamatiesous

14 November

4 Porsies

Vir gewigsverlies

5

In vandeesweek se uitsending van Slank is daar gewys hoe om heerlike hoenderfilette met tamatiesous voor te berei.

Hoenderfilette-1
Bestanddele

GM:

30 g uie

1.4 huisie knoffel

50 g tamaties

20 ml groente-aftreksel

0.5 ml basiliekruid

0.5 ml oreganum

120 g hoenderfilette

knippie kruiesout of seesout

knippie swartpeper

30 g kersietamaties

10 g babaspinasie

MN

50 g uie

1/2 huisie knoffel

75 g tamaties

30 ml groente-aftreksel

1 ml basiliekruid

1 ml oreganum

7.5 ml Dijon mostert

200 g hoenderfilette

1 ml kruiesout of seesout

1 ml swartpeper

30 g aspersies

30 g kersietamaties

15 g babaspinasie

SB

25 g uie

1/4 huisie knoffel

50 g tamaties

15 ml groente-aftreksel

0.5 ml basiliekruid

0.5 ml oreganum

100 g hoenderfilette

knippie kruiesout of seesout

knippie swartpeper

20 g aspersies

20 g kersietamaties

5 g babaspinasie

ST

30 g uie

1/2 huisie knoffel

50 g tamaties

25 ml groente-aftreksel

1 ml basiliekruid

1 ml oreganum

5 ml Dijon mostert

150 g hoenderfilette

1 ml kruiesout of seesout

1 ml swartpeper

30 g kersietamaties

10 g babaspinasie

Metode

Indien jy die Slender Wonder-program volg moet jy die mates gebruik volgens jou fase. Indien jy nie op Slender Wonder is nie, gebruik die mates in die ST- of MN-kolom.

 

  1. Wend nie-kleefbare sproei aan nie-klewerige souspan en verhit pan tot medium-hitte.
  2. Kook die uie in een of twee teelepels water tot sag.
  3. Voeg die knoffel by en kook vir ‘n minuut.
  4. Voeg die tamties, groente-aftreksel, basilie en oreganum by en braai onbedek vir 5 tot 10 minute.
  5. Verwyder van hitte en meng in versapper.
  6. Voeg speserye by volgens smaak.
  7. Smeer die mostert aan die honderfilette.
  8. Sproei ‘n braaipan met nie-klaafbare sproei.
  9. Verhit tot medium-hitte en braai die hoender tot goudbruin.
  10. Bedek die hoender met foelie en laat rus vir 5 minute.
  11. Bedien met gestoomde aspersies, vars baba-spinasieblare en geroosterdeRosa-tamaties, met die tamatiesous in sousbeker.

 


Biedienwenk:

  1. Gedurende MN, vervang die groente-aftreksel met wit druiwesap, appelasyn of appelsap vir effense variasie in geur. 1 geblikte ‘Italian plum tomato' = sowat 50 g Vir meer resepte kan jy die Slender Wonder-resepteboek (volume 1 of 2) by 'n Slender Wonder-dokter koop of direk by ons hoofkantoor ([email protected]).

 

Vir meer resepte kan jy die Slender Wonder-resepteboek (volume 1 of 2) by ‘n Slender Wonder-dokter koop of direk by ons hoofkantoor ([email protected]).

 

EVN2-Ep05-Beet-Burgers-1
Edik van Nantes Kie About
2016-11-09

Beet-burgers

Gewildste Resepte