Logo

Slank: Gevulde murgpampoentjies

28 November

4 Porsies

Vir gewigsverlies

4

Kry die resep vir gevulde murgpampoentjies, wat in ’n episode van Slank voorberei is, hier.

Slank-Murgpampoentjies-1
Bestanddele

GM

75 g murgpampoentjies

1 knoffelhuisie

15 g uie

15 g seldery

1 ml gedroogte tiemie

1 ml gedroogte basiliekruid

5 g sampioene

15 ml aftreksel

45 g kersietamaties

1 crackerbread

50 g maaskaas

MN

110 g murgpampoentjies

2 knoffelhuisies

20 g uie

10 g seldery

2 ml gedroogte tiemie

2 ml gedroogte basiliekruid

10 g sampioene

20 ml aftreksel

50 g kersietamaties

2 ½ crackerbread

maaskaas

SB

60 g murgpampoentjies

1 knoffelhuisie

10 g uie

5 g seldery

1 ml gedroogte tiemie

1 ml gedroogte basiliekruid

10 ml aftreksel

45 g kersietamaties

1 crackerbread

50 g maaskaas

ST

75 g murgpampoentjies

1 ½ knoffelhuisie

15 g uie

10 g seldery

1 ml gedroogte tiemie

1 ml gedroogte basiliekruid

5 g sampioene

15 ml aftreksel

45 g kersietamaties

2 crackerbread

75 g maaskaas

SWA

120 g murgpampoentjies

1 knoffelhuisie

1 ml gedroogte tiemie

1 ml gedroogte basiliekruid

15 ml aftreksel

1 crackerbread

50 g maaskaas

Metode

Indien jy die Slender Wonder-program volg moet jy die mates gebruik volgens jou fase. Indien jy nie op Slender Wonder is nie, gebruik die mates in die ST- of MN-kolom.

  1. Stoom die murgpampoentjies vir ongeveer 5 tot 10 minute totdat dit sag is.
  2. Verkoel en sny in die lengte af. Skep die vlees uit om 'n ½ cm-dop te vorm. Sny die vlees op en los eenkant.
  3. Voorverhit die oond na 180 grade.
  4. Sproei die pan met 'n kleefvrye sproei (Spray & Cook Original) en verhit die pan na medium-hoog. Voeg die knoffel by en droogbraai vir 30 sekondes.
  5. Droogbraai die uie en seldery totdat dit sag is. Voeg 'n paar druppels water of aftreksel by sodat dit nie aan die pan vassit nie.
  6. Voeg die murgpampoentjie-vlees by asook die sampioen (indien jou fase dit toelaat). Kook dit vir ongeveer 2 minute.
  7. Voeg die aftreksel, tiemie en basiliekruid by en voeg sout en peper by na smaak. Verhoog die temperatuur en bring tot kookpunt.
  8. Verwyder vanaf hitte en voeg die tamaties by.
  9. Vul die murgpampoentjie-doppe met die warm mengsel.
  10. Opsioneel: Plaas die maaskaas en/of “crackerbread” bo-op die vulsel.
  11. Bak vir ongeveer 20 minute.

 

Vir meer resepte kan jy die Slender Wonder-resepteboek (volume 1 of 2) by 'n Slender Wonder-dokter koop of direk by ons hoofkantoor ([email protected]).

 

Die-GROOT-Ontbyt-2-2-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-11-23

Kaas-sterretjies met biltong-patee

Gewildste Resepte