Logo

Slank: Botterskorsie-soufflé

21 November

4 Porsies

Vir gewigsverlies

4

Hierdie botterskorsie-soufflé is in ’n episode van Slank voorberei. Kry dit hier.

 

Slank-Gem-Soufle-1
Bestanddele

GM

1 Skorsie

1 eier

1 eierwit

2 knoffel

1 ml gedroogte tiemie

knippie paprika

¾ crackerbread fyngemaak (gepoeier) met sout en peper na smaak

MN

1 Skorsie

1 eier

1 eierwit

2 ½ knoffel gemaal

2 ml gedroogte tiemie

knippie paprika

1 crackerbread fyngemaak (gepoeier) met sout en peper na smaak

SB

1 Skorsie

1 eier

1 eierwit

1 knoffel

knippie gedroogde tiemie

knippie paprika

½ crackerbread fyngemaak (gepoeier) met sout en peper na smaak

ST

1 Skorsie

1 eier

1 eierwit

2 knoffel

1 ml gedroogte tiemie

knippie paprika

¾ crackerbread fyngemaak (gepoeier) met sout en peper na smaak

SWA

1 Skorsie

1 eier

2 eierwit

1 knoffel

knippie gedroogte tiemie

knippie paprika

½ crackerbread fyngemaak (gepoeier) met sout en peper na smaak

Metode

Indien jy die Slender Wonder-program volg moet jy die mates gebruik volgens jou fase. Indien jy nie op Slender Wonder is nie, gebruik die mates in die ST- of MN-kolom.

  1. Kook die skorsie totdat hy gaar is en los om af te koel.
  2. Sproei jou ramekin of soufflé-bak met kleefvrye sproei (Spray & Cook Original).
  3. Sit die gepoeierde Crackerbread in die bakkie of ramekin en plaas in die yskas.
  4. Skei die eiers en plaas in ’n glas- of metaalbak. Hou die eiers by kamertemperatuur. Klits die eiers.
  5. Voorverhit die oond na 200 grade.
  6. Verwyder die pitte uit die skorsie uit, haal die vlees van die skorsie uit en puree. Laat dit afkoel.
  7. Gebruik ’n elektriese klitser om die skorsie, eierwit, knoffel en speserye to kombineer. Meng tot ’n gladde tekstuur.
  8. Klits die eierwit styf.
  9. Vou die eierwit by die skorsiemengsel in.
  10. Vul die ramekins of bakkies met die mengsel.
  11. Sit die soufflé dadelik in die oond en verlaag die temperatuur na 180 grade. Bak vir ongeveer 20 minute totdat dit verbruin. Moenie die oond oopmaak tydens die bak proses nie.
  12. Garneer met paprika of tiemie en bedien dadelik.

 


Vir meer resepte kan jy die Slender Wonder-resepteboek (volume 1 of 2) by 'n Slender Wonder-dokter koop of direk by ons hoofkantoor ([email protected]).

 

Toks-Steak-en-Mielie-1
Mosterd-kruisskyf met mielies
2016-11-19

Mosterd-kruisskyf met mielies

Gewildste Resepte