Logo

Austin se roosterkoek

09 April

Braai

5

Austin Rose het tydens ’n episode van Kampkos dié heerlike gereg voorberei. 

KampKos S4_RoosterKoek-Austin Rose
Bestanddele

500 ml koekmeel

1 e gis

3 ml sout

2 e suiker

2 e olie

250 - 300 ml water

Metode
  1. Verseker dat die water ’n lou temperatuur het.
  2. Sif meel deeglik en voeg ’n knippie sout by.
  3. In ’n aparte bak, voeg die twee eetlepels suiker, gis, twee eetlepels olie en 50 ml water bymekaar. Roer mengsel deeglik. Laat die mengsel rus vir ongeveer vyf minute.
  4. Meng die nat en droë beslae bymekaar.
  5. Voeg helfde van die oorblywende water by mengsel (ongeveer 125 ml).
  6. Meng en knie mengsel totdat deeg behoorlik gevorm is.
  7. Wanneer die deeg egalig en sonder klonte is, kan die volgende stappe plaasvind.
  8. Strooi meel oor jou werksoppervlakte, om vasklouery te voorkom.
  9. Verdeel die deeg in twee stukke en vorm ’n langwerpige vorm met die deeg.
  10. Sny die deeg in vier eweredige gedeeltes.
  11. Plaas die gedeeltes op die rooster.
  12. Draai elke roosterkoek ongeveer elke minuut om, om te voorkom dat dit brand.
  13. Om te verseker dat die roosterkoek gebak is, tik met ’n mes op die roosterkoek. Dit sal ’n krakerige klank afgee.
  14. Bedien roosterkoek met jou gekose garnering (vanaf sjokoladesmeer, stroop, ens.)
Kampkos-Ep13-Langebaan6-of-42-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-04-05

Oondgeroosterde sampioene

Gewildste Resepte