Logo

Wilandi se filo-melktert

10 Junie

1 Melktert

Gebak

3

Wilandi het tydens ’n episode van Koekedoor heerlike filo-melktert voorgesit. Kry dié Koekedoor se resep hier.

Koekedoor_Wilandi_filo-1
Bestanddele

Filo:

3 rolle filodeeg

25 g botter

Geroosterde neute:

100 g amandelvlokkies

Kaneelstroop:

3/4 k bruinsuiker

60 ml suiker

2.5 ml kaneel

Metode

Vir die melktert:

  1. Maak die melkpap en verkoel in spuitsak. Spuit een laag op koekbasis met groot ronde punt en laat stol. Herhaal drie keer.
  2. Verbruin botter deur in pot te plaas. Verhit totdat die soliede vorms afsak en die boonste vloeistof deursigtig en karamelkleur is, maar nog nie donker is nie – gooi deur sif en gebruik om filo te smeer.
  3. Neem een vel filo en verf met botter, plaas tweede vel op en verf weer.
  4. Neem 27 cm koekbasis (of enige sirkel met die deursnit) en gebruik as gids om sirkels te sny.
  5. Sny die vol sirkels uit soos moontlik en half waar die vol sirkel nie in die vel inpas nie.
  6. Gebruik 'n sirkel met 'n deursnit van sowat 10 cm en sny sirkels uit die middle van die ander sirkels.
  7. Gebruik die sirkels om 'n laag frille te vorm op ‘n silpat.
  8. Bak vir omtrent ses minute terwyl jy die smeer en snyproses herhaal.
  9. Verwyder van oond en pak tweede laag. Bak vir 'n verdere ses minute en herhaal ses keer.
  10. Na die sesde keer, laat in die oond bak tot goudbruin – sowat 15 minute. Hou dop sodat dit nie brand nie.
  11. Laat op afkoelrak afkoel.
  12. Wanneer melkpap gestol is, plaas filo-frille versigtig op en bestrooi liggies met kaneel.

 

Vir die geroosterde neute:

  1. Voorverhit oond teen 200˚C. Rooster neute in oondpan vir sowat sewe minute. Rond koek se voete af met die neute.

 

Vir die stroop:

  1. Smelt die suiker in die water sonder dat dit kook.
  2. Bring tot kookpunt en laat effens verdik.
  3. Voeg kaneel by en meng deur die pot om die hitte te swaai en die kaneel so te versprei.
  4. Bedien saam met melktert.

 


Hierdie resep is eksklusief tot kykNET en die bakboek Koekedoor 2. Dit mag slegs met die toestemming van kykNET en Human & Rousseau gepubliseer word, hetsy elektronies of in druk.

 

Gewildste Resepte